Leesplan inligting

Dinge wat saak maakVoorbeeld

Things That Matter

DAG 5 VAN 5

OM DIE WÊRELD AS 'N BETER PLEK AGTER TE LAAT


Jare gelede, toe ek pas die Universiteit van Nebraska met grade in bankwese en finansies verlaat het, het ek as 'n intern begin werk by 'n groot kerk in Omaha. Eenmaal, gedurende 'n vergadering met meer as 20 pastore, het die senior pastoor, Bob Thune, gesê: "Ek probeer om elke vertrek wat ek verlaat, in 'n beter toestand te los as wat ek dit gekry het.”


Dit is nie noodwendig splinternuwe inligting oor persoonlike verantwoordelikheid nie, maar daar was iets in sy opregtheid wat die boodskap by my laat vassteek het. Hy het voortgegaan en 'n paar spesifieke voorbeelde gelys waar hy dit in sy lewe toepas: om by sy huis op te ruim voordat hy 'n vertrek verlaat, lokale by die kerk reg te pak, selfs die wasbakke by die openbare toilette skoon te vee voordat hy dit verlaat.


Toe hy klaar gepraat het, het hy ons buitentoe gevat na die parkeerterrein waar ons elke stukkie papier en afval opgetel het wat ons kon vind. Twintig van ons kerkleiers, geklee in kantoordrag, het skouer-aan-skouer van die een kant van die parkeerterrein na die anderkant geloop terwyl ons elke stukkie afval opgetel het. Ek het die les wat ek daardie dag geleer het nooit vergeet nie.


Een manier hoe ons as navolgers van ons doelwitte, kan beoordeel of ons optrede regtig saakmaak, is deur te vra of wat ons doen, voordelig vir ander is. Jy moet doelgerig lewe ...


  • Is verhoudings heilsaam?

  • Is die armes beter af, die siekes gesonder of die onopgevoede beter ingelig?

  • Is ons fisiese wêreld in 'n beter toestand?

  • Het meer mense al die evangelie gehoor?

  • Is daar meer wysheid om na te volg?

  • Is daar meer vriendelikheid vir mense se brose harte?

Natuurlik kan ons nie self al die wêreld se probleme oplos nie, maar een of ander tyd moet daar iets tasbaar of identifiseerbaar wees, om te wys wat jy al gedoen het. Indien wel, wanneer jy die einde van jou lewe bereik, sal jy kan terugkyk en eerlik sê dat jy iets gedoen het om die wêreld 'n beter plek te maak as toe jy die wêreld ingekom het. Jy het gehelp om God se wil na die aarde te bring. Jou lewe maak saak.


Jesus sê: “As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê sy vrugte is goed; en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken” (Matteus 12:33). Watter vrugte het jou lewe tot dusver opgelewer? Watter vrugte wil jy van nou af met die hulp van God dra?


Ons hoop hierdie plan het jou bemoedig. Leer nog meer oor Dinge Wat Saak Maak deur Joshua Becker hier.


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Things That Matter

Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie ...

More

Ons wil graag vir WaterBrook Multnomah bedank vir die leesplan wat verskaf is. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/676394/things-that-matter-by-joshua-becker/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid