Leesplan inligting

Dinge wat saak maakVoorbeeld

Things That Matter

DAG 4 VAN 5

KOGNITIEWE ANDERSDENKENDE


Ek het sekere slagspreuke wat ek oor en oor gebruik, want daar is altyd iemand wat dit moet hoor. Een van die gewildste is: "Jy hoef nie soos alle ander mense te lewe nie. Die waarheid is, jy sal gelukkiger wees, as jy nié so lewe nie." Dié wat vir Christus volg, verstaan dit die beste.


Ons lewe in 'n kultuur wat van ons verwag om gelykvormig te word. Deur verskeie boodskappe, roep dit ons om 'n spesifieke vorm aan te neem. Dit oefen druk op ons denke uit om te glo in kulturele menings, hoop en ambisie, alhoewel die doelstellings wat ons kultuur definieer, nie ons harte en siele ten volle bevredig nie. Ons is nie veronderstel om anders oor enigiets te dink nie.


Deur gelyk te word aan die wêreldse kultuur, verloor ons ons uniekheid. Ons verloor ons passie. Ons verloor ons energie. Ons verloor die geleentheid om 'n ander toekoms te kies en gelykvormig te word aan die beeld van Christus. Ons is besig om die verkeerde goed na te jaag en dan offer ons ons geleenthede op om iets groters en meer vervullend in ons lewens te bereik.


Baie van ons se harte smag om anders te lewe. Ons siele roep ons om ons eie passie te volg. Ons siele roep na betekenis. Ons innerlike verlang om 'n lewe téén die van die wêreldse kultuur te leef.


Die apostel Paulus wys vir ons die weg hoe om nie deel van die massas te wees nie; hoe om hierdie impuls in die regte rigting te stuur: “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,” sê hy, “maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is" (Romeine 12:2). Ons denke kan vernuwe word (herskep word tot ons soos God en nie die wêreld dink nie), wanneer ons oorgee aan die werking van die Gees in ons lewens.


Gaan dus voort – wees die teenoorgestelde van jou kultuur, moenie daarby aanpas nie, wees andersdenkend. Maak die geraas van die wêreld stil. Jy hoef nie jou andersheid in mense se gesigte te druk nie, maar jy moet dit ook nie wegsteek nie. Gryp dit aan.


Die apostel Johannes skryf, “En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe” (1 Johannes 2:17). Op watter manier sê jy nee vir die passies en bekoring van die wêreld, sodat jy die pad na die ewige lewe kan volg?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Things That Matter

Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie ...

More

Ons wil graag vir WaterBrook Multnomah bedank vir die leesplan wat verskaf is. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/676394/things-that-matter-by-joshua-becker/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid