Leesplan inligting

Dinge wat saak maakVoorbeeld

Things That Matter

DAG 1 VAN 5

'N LEWE SONDER SPYT


Was jy al ooit spyt oor jou lewenskeuses?


Dit is algemeen dat ons knaende angstigheid kan hê oor die tyd en hulpbronne wat ons verspil op dinge wat onbelangrik is, en nie genoeg tyd fokus op die dinge en mense wat rêrig saak maak nie. Ons kan onsself maklik verbeel dat ons eendag daaroor jammer gaan wees as ons nie vandag 'n verandering maak nie. Tog gaan ons nog steeds aan en aan en plaas die onbelangrike voor die belangrike.


Iets moet hier verander word. Daar is egter net 'n beperkte hoeveelheid tyd oor om veranderinge in ons lewens aan te bring.


Langs die pad gaan ons altyd onwyse besluite neem wat ons wens ons kan ongedaan maak. Dit is natuurlik nie moontlik om 'n lewe sonder spyt te leef nie. Dit is baie beslis moontlik om ons pad te verander van die maklike, alledaagse en onmiddellike waarin ons verdiep raak, na 'n doelgerigter pad wat ons na 'n lewe van tevredenheid lei en wat ver bo ons sterflike bestaan weerklank vind.


Seneca die Jonge, 'n Romeinse filosoof, het gesê "Die lewe is lank genoeg en 'n voldoende, ruim hoeveelheid is aan ons gegee om die hoogste prestasies te behaal as alles goed belê is. Wanneer dit egter op sinnelose luukshede en verkeerde aktiwiteite verkwis word, dan besef ons deur die finale beperking van die dood, dat die lewe verby is nog voordat ons dit besef het."


Jou hoogste prestasie gaan van iemand anders s'n verskil. Jy mag dalk nooit duisende lei, kanker genees of 'n nie-winsgewende organisasie begin nie. Moet egter nie die fout begaan nie: jy is geskep om goeie dinge in die wêreld te bring, wat net jy kan vermag en daar is mense in jou lewe wat jy kan dien en liefhê op 'n wyse wat niemand anders kan nie.


In Matteus 22:37-39, het Jesus vir ons twee oorkoepelende doelwitte gegee: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand ... Jy moet jou naaste liefhê soos jouself." Die uitwerking van hierdie doelwitte sal verskillend wees vir jou en vir my, maar die lewe is lank genoeg om enige liefdedade te doen wat God vir ons beoog het.


Efesiërs 2:10 sê: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het."


Bring vandag tyd in gebed deur en dink na oor die Godgegewe geleenthede wat voor jou lê om die dinge te doen wat saak maak.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Things That Matter

Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie ...

More

Ons wil graag vir WaterBrook Multnomah bedank vir die leesplan wat verskaf is. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/676394/things-that-matter-by-joshua-becker/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid