Leesplan inligting

Dinge wat saak maakVoorbeeld

Things That Matter

DAG 3 VAN 5

DIE UITDAGINGS IS GROOT, DIE BELONING IS GROTER


Afleidings is hier om te bly en sal nooit weggaan nie. Dit beteken dat dit nooit te vroeg of te laat is om te leer waarvoor om herhaaldelik nee te sê nie.


In vandag se verse sal jy opmerk dat die skrywer van Hebreërs ons, as volgelinge van Christus, roep om die volgende twee dinge uit ons lewens te verwyder: (1) sonde en (2) enigiets wat ons verhinder om ons wedloop te voltooi. Nie alle wêreldse afleidings is 'n sonde nie, maar die afleidings van die wêreld kan ons nog steeds verhinder om die goeie wedloop van geloof te hardloop.


Hoe presies kan ons dan reageer wanneer ons afleidings ons meester geword het eerder as die dienaar?


Eerstens moet ons waaksaam wees wanneer ons selfondersoek doen. Ons moet gereeld rustig tyd met onsself deurbring, om die rigting van ons lewens te ondersoek en die afleidings te identifiseer wat ons daarvan weerhou om die beste weergawe van onsself te wees.


Tweedens, kan ons die afleidings verwoord wat ons weerhou om ons beste werk vir die koninkryk van God voort te bring; wat ons weerhou van ons geliefdes of om ons hoogste doel te bereik. Ek het gister genoem dat hierdie afleidings op die oog af nie altyd ongesond is nie — maar as hulle oorspoel na plekke waar hulle nie hoort nie, dan is hulle ongesond.


Derdens, kan ons ywerig en doelbewus hierdie afleidings verwyder. Dit kan moeilik wees en mag vereis om met onsself te stoei. Leer dus om te veg.


Laastens is dit belangrik dat ons onsself herinner aan die waarde van die belangrikste pligte wat voor ons lê. Die belangrikste werk sal nooit maklik wees nie — dit sal beslis die moeilikste ding wees wat jy ooit sal doen. Om 'n doelgerigte ouer, liefdevolle huweliksmaat, dapper getuie, getroue werknemer, inspirerende kunstenaar, goeie baas of onbaatsugtige lidmaat te wees, is nie die maklikste pad om te loop nie. Op die lange duur is dit egter waar daar meer vreugde en geluk te vinde is, as op enige ander plek.


Hebreërs 12:1-2 sê: "... laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof."


Op watter manier is Jesus 'n voorbeeld om die dinge na te streef wat saak maak?


Op watter manier is Hy die eindstreep in jou wedloop?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Things That Matter

Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie ...

More

Ons wil graag vir WaterBrook Multnomah bedank vir die leesplan wat verskaf is. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/676394/things-that-matter-by-joshua-becker/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid