Leesplan inligting

Hoe Om Verhoudings Te Laat WerkVoorbeeld

Relat(able): Making Relationships Work

DAG 1 VAN 7

Die graaf en die lepel

Ek wil vir jou iets vra: Is jy die soort mens wie hom met ander kan vereenselwig? Laat ek dit anders stel; as jy 'n man is, kan jy jou met jou vrou vereenselwig? Of indien jy in 'n kantoor werk, kan jy jou met jou medewerkers vereenselwig? Kan jy met ander mense oor die weg kom, al is jy nie 'n baie sosiale persoon nie?


Ek glo dat die gesondheid van ons verhoudings, en ons vermoë om genade aan ander te bewys, direk verband hou met ons vermoë om ook genade van God te ontvang. God bied ons ongelooflike dinge aan op hierdie oomblik. Vat ons egter alles wat Hy aanbied? Miskien ontvang ons nie van God af nie, want ons glo self nie dat ons dit werd is nie. Of miskien dink ons dat wat ons nou het, beter is as wat God vir ons kan gee. Ten spyte van watter rede ook al, kan ons nog steeds nie God se liefde ontvang nie, en gevolglik kan ons nie daardie liefde met ander deel nie.


Wanneer ons na God toe kom, gee Hy vir ons grawe vol genade. God sê: "Het jy genade nodig? Laat ek dit vir jou in oorvloed gee. Het jy vandag nog meer nodig? My genade is elke dag nuut, en selfs voor jy môre oggend jou wekker kan dooddruk, sal ek dit in oorvloed in jou lewe gee." God het baie engele en baie grawe, en Hy gooi ons elke liewe dag toe met groot grawe vol genade. Wat gebeur as ons nie reg is om dit te ontvang nie? Ons sal na die mense in ons lewe gaan wat foute gemaak het en sê: "Het jy bietjie genade nodig? Dis reg so, laat ek vir jou bietjie met hierdie lepel gee." Ons sal meer van hulle verwag as wat ons wil hê God van ons moet verwag. Ons sal hulle anders behandel as wat ons wil hê God ons moet behandel.


Om onsself met ander te vereenselwig, moet ons verstaan hoe Jesus met ons omgaan. Ons moet erken dat Hy die beperkinge van hierdie wêreld aangeneem het om ons te kon verstaan. Ons moet ook verstaan dat Jesus nie vir ons gee wat ons verdien nie. Ons verdien die dood, maar Hy gee vir ons die lewe. Ons moet ook erken dat Jesus na ons toe uitreik. Hy is genadig as ons foute maak, geduldig as ons ongeduldig is, en het ons lief voor ander ons kan liefhê. Hy is lief vir ons selfs voor ons vir Hom kan lief wees.


Ons moet dus met dieselfde maat aan ander uitdeel as wat ons van God ontvang, en dit sal bepaal of ons onsself met ander kan vereenselwig. Johannes som dit so op: "Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, ..." (1 Johannes: 4:7). Die doel is om mekaar lief te hê en genade met die graaf uit te deel — nie met die lepel nie, omdat ons erken wat ons van God ontvang het.


Reageer


Wat is een ding wat jy by jou huisgesin geleer het oor verhoudings? Hoe het jou gesin jou verhouding met God beïnvloed?


Hoe het jy die wonderlike gawes wat God jou aangebied het, ontvang? In watter opsigte was jy huiwerig? Hoe het dit jou verhouding met God en met jouself beïnvloed?


Watter invloed het jou begrip van God op jou verhoudings met ander gehad? Is jy meer geneig om genade met 'n graaf of 'n lepel aan ander uit te deel? Verduidelik.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Relat(able): Making Relationships Work

Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in. Dit is gebaseer op Louie Giglio se studieplan “Relat(able): Making Relationships Work”. In hierdie leesplan gaan ons uitvind hoe ons aanklank vind by ander mense, hoe...

More

Baie dankie aan Louie Giglio en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://vimeo.com/ondemand/relatable

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid