Leesplan inligting

Hoe Om Verhoudings Te Laat WerkVoorbeeld

Relat(able): Making Relationships Work

DAG 7 VAN 7

Laat geregtigheid aan God oor


Om ander te vergewe vir wat hulle teenoor ons gedoen het, kan definitief spanningsvol wees. Partykeer stel die ander persoon nie in vrede tussen julle belang nie. Hulle wil eerder konflik vermeerder, en as daar nie konflik is nie, probeer hulle dit skep. In ander gevalle kan jy dalk voel: "Daardie persoon het nie versoening nodig nie. Wat die persoon nodig het is geregtigheid in die vorm van tronkstraf".


Dit is belangrik om te onthou dat God se genade en proses van versoening nie van geregtigheid afstand doen nie. Dit verander hoe die geregtigheid plaasvind. Wanneer jy iemand vergewe, hou jy op om as die bemiddelaar van geregtigheid teenoor iemand op te tree. Jy kies eerder om daardie taak aan God oor te dra.


Jy kan vrede soek, en indien nodig, geregtigheid soek, maar dan moet jy die uitkoms in God se hande los. Jou fokus is op vrede, in plaas daarvan om iemand te laat betaal vir die seerkry wat hulle jou aangedoen het. Jy kan weier om toe te laat dat die soektog na vergelding jou lewe oorneem.


Om 'n agent van vrede te wees beteken nie dat jy besluit om jou blind te hou vir gevaar nie. As iemand jou en/of jou gesin in gevaar stel, is dit jou plig om hulle in 'n veilige plek te kry. In party verhoudings sal dit dalk nodig wees om 'n paar aanpassings te maak, grense te stel, en afstand te skep. Maar vanuit 'n veilige plek kan jy nog steeds met 'n houding lewe wat sê: "Ek moet nou eers van jou af wegkom, maar ek wil deur God se krag probeer om met vrede in my hart met jou saam te leef. As dit net vir my moontlik is om dit van ‘n afstand te doen, is dit wat ek gaan probeer doen."


Onthou altyd dat die Heilige Gees die agent van vrede is. Hy skenk lewe aan jou gees. Wanneer dit gebeur, vul Christus jou en het jy 'n splinternuwe lewe! Nou lewe jy deur die krag van die Gees, nie deur jou sondige natuur nie. Die vrug van die Gees sluit liefde, vreugde, vrede, geduld, goedheid, en selfbeheersing in — en hierdie is almal nodig vir versoening. Dit is hierdie gawes wat jy nodig het in verhoudings waar daar haat, vyandigheid, bitterheid, seerkry en groot wonde is.


Jy kan op die krag van die Gees staatmaak wanneer jy in die Gees wandel en in vrede lewe, nie in oorlog nie. Vir watter doel? Sodat Jesus verheerlik kan word en baie mense se lewens verander word. Die moontlikheid van vrede wat God in jou skep, beïnvloed die mense aan albei kante van versoening — meer as net jy en die ander persoon. Wanneer jy vrede soek en geregtigheid aan God oorlaat, bring jy mense — moontlik ook nasies — na Christus toe.


Reageer


In watter verhoudings voel jy het jy geregtigheid nodig? Wat is jou taak as dit kom by vrede skep met hierdie mense? Watter grense moet jy stel om jouself te beskerm?


Waar in jou hart moet jy vrede soek oor die seerkry in 'n verhouding? Hoe kan jy vrede kry selfs as jul verhouding nie reggemaak kan word nie?


Hoe kan jou voorbeeld om vrede in 'n moeilike verhouding te soek, 'n invloed op die mense in jou lewe hê? Hoe kan die krag van die Heilige Gees in jou lewe ander na Jesus toe bring?


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Relat(able): Making Relationships Work

Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in. Dit is gebaseer op Louie Giglio se studieplan “Relat(able): Making Relationships Work”. In hierdie leesplan gaan ons uitvind hoe ons aanklank vind by ander mense, hoe...

More

Baie dankie aan Louie Giglio en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://vimeo.com/ondemand/relatable

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid