Leesplan inligting

Hoe Om Verhoudings Te Laat WerkVoorbeeld

Relat(able): Making Relationships Work

DAG 3 VAN 7

‘n God vir wie jy pa kan noem


Behalwe vir jou verhoudings met God en jouself, is jou verhoudings met jou ma en pa die tweede belangrikste. Hierdie is die ontwikkelingstadium van verhoudings in jou lewe. Jou vermoë om by ander aanklank te vind — en die soort mens wie jy geword het — is grootliks te danke aan die verhoudings wat jy met jou ma en pa gehad het.


Die verhouding met jou pa is veral krities. Daar is baie verskillende soorte pa’s. Party is ongelooflik en bemagtigend. Hulle deel graag liefde en drukkies uit. En party pa’s … is nie. Miskien het jy ‘n pa wie nooit daar was nie, as gevolg van dood, egskeiding, werksverpligtinge, of emosionele afstand. Miskien het jy ‘n beledigende pa gehad wie skade in jou lewe aangerig het. Jy sukkel dalk om te voel jy hoort iewers in die wêreld, en dit kan grootliks te doen hê met watter soort pa jou grootgemaak het. Jou pa mag dalk nog steeds in jou lewe teenwoordig wees, ten goede of ten slegste.


Die vyand weet dat God ‘n perfekte hemelse Vader is. Hy weet ook, dat hoe jy God as Vader sien, beïnvloed is deur jou aardse vader. As hy jou verhouding met jou aardse vader kan ontwrig, kan hy jou daarvan weerhou om te verstaan wie God is en hoe jy ‘n verhouding met Hom kan hê. Die vyand is baie goed hiermee.


Om jou verhouding met God as jou Vader, gebaseer op jou ervaring met jou aardse vader, te probeer verstaan, is vir baie mense om soos deur gebreekte glas te kyk. Hulle verhouding met hul aardse vader is gebroke, dus is die weerspieëling wat hulle van God die Vader sien, ook gebroke. Hulle aardse en hemelse verhoudings het ‘n drastiese verandering nodig om te kan slaag.


Gelukkig is die evangelie kragtig genoeg om genesing in alle verhoudings te kan bring, ongeag hoe gebroke hulle is. Deur middel van die evangelie ontvang ons ‘n nuwe identiteit wanneer ons Jesus leer ken. Ons glo nie net in iets nie, ons word iemand — 'n geliefde seun of dogter van God. Dis ‘n gesinsamestelling waar God die Almagtige jou vader word en ‘n nuwe verhouding geskep word. God is nie die weerspieëling van jou aardse pa nie, Hy is die volmaakte weergawe van jou aardse pa — die weergawe waarna jy diep in jou hart soek.


Jesus het aan die kruis gesterf, sodat jy jou lewensverhaal kan herskep: ‘n nuwe lewensverhaal, met ‘n nuwe pa, splinternuwe moontlikhede en 'n splinternuwe toekoms. Jy hoef nie bang te wees om aan God as ‘n vader te dink nie. Jy hoef nie te lewe met die tekortkominge in jou verhouding met jou aardse pa nie. Jy kan hierdie nuwe geleentheid aangryp en God sien as die perfekte vader.


Wanneer jy hierdie geestelike verhouding met God begin, sal jy sy liefde aan jou ouers kan weerspieël, al weerspieël hulle nie God se liefde aan jou nie. Wanneer jy dit doen, sal jy hulle op goddelike maniere eer — al is hulle nie die eer waardig nie — en dan kan genesing begin. As ander sien dat jy op so ‘n manier versoening bewerkstellig, sal hulle wil weet hoe jy dit doen. Hulle sal ‘n weerspieëling van Jesus in jou sien, en sal wil weet hoe dit in hulle lewens kan gebeur.


Reageer


Beskryf jou verhouding met jou aardse vader toe jy jonger was. Hoe het hierdie verhouding jou begrip van God, as jou hemelse Vader, beïnvloed?


Op watter manier het jy al gesien hoe jou verhouding met een, of altwee jou ouers, jou verhouding met ander beïnvloed? Het dit positiewe of negatiewe gevolge gehad?


Wat beteken dit vir jou om jou vader en moeder te eer? Hoe kan ‘n herstelde verhouding met jou ouers ander na God lei? Hoe kan dit die krag van God aan ander mense demonstreer?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Relat(able): Making Relationships Work

Hierdie leesplan sluit sewe daaglikse oordenkings in. Dit is gebaseer op Louie Giglio se studieplan “Relat(able): Making Relationships Work”. In hierdie leesplan gaan ons uitvind hoe ons aanklank vind by ander mense, hoe...

More

Baie dankie aan Louie Giglio en HarperCollins wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://vimeo.com/ondemand/relatable

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid