Leesplan inligting

Ontdek Jou IdentiteitVoorbeeld

Embracing Your Identity

DAG 2 VAN 5

Identiteitkrisis



Jakob was in 'n identiteitskrisis. Jare lank was hy bekend as die jongste van 'n tweeling. Hy het sy broer se haksteen vasgegryp in sy stryd om die eersgeborene te wees. Sy ma, Rebekka, het hom voorgetrek en 'n seën vir hom bewerk, ongeag die nagevolge. Sy het regdeur Jakob se grootwordjare probeer om hom die man te maak wie sy wou hê hy moes wees.



Vir 'n lang tyd het Jakob saamgespeel. Hy het daardie selfde begeertes gekoester en die grense probeer skuif om die persoon te word wie hy nie was nie. Jakob se identiteit was in sy ma se gedagtes gevorm en sy het hom gedruk om te wees wie sy wou hê hy moes wees.



Dit alles het in Genesis 27 verander toe Jakob die eersgebore seën van sy broer gesteel het. As gevolg van hierdie besluit en sy bedrog, moes hy vlug van die enigste huis en gesin wat hy geken het. Jakob moes besluit wie hy regtig was. Moes hy die etikette behou in die nuwe wêreld wat hy sou betree, of moes hy besluit om die man te wees wie hy wou wees?



God het Jakob deur 'n moeilike, maar ongelooflike seisoen geneem wat tot sy voordeel was. Hy het ontdek wie hy regtig was en wat hy veronderstel was om te doen. Hy het dieselfde behandeling en bedrog van sy skoonpa ontvang as wat hy voorheen uitgedeel het. Ek is seker dit was 'n groot ontnugtering vir hom.



Jakob het 'n identiteitskrisis gehad in sy grootmensjare en hy het besluit om nie meer die etikette wat aan hom toegesê was uit te leef nie, maar om die man te word wat God gesê het hy moes word. Hy het fisies met God geworstel en as 'n ander persoon daaruit gekom.



Jakob is na sy geboorte 'n "enkelgryper" genoem, maar na sy worsteling met God, het hy 'n nuwe naam gekry. Die etiket wat so lank om sy nek gehang het, is verwyder en slegs sy ware identiteit en lewensdoel — om 'n vader van die nasies te wees — het oorgebly.



Terwyl jy hier lees het jy 'n reis begin om jou ware identiteit te ontdek. Gaan jy toelaat dat die etikette van die verlede om jou nek bly hang, of gaan jy kies om die ware jy te ontdek en uit te leef?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Embracing Your Identity

Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etike...

More

Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid