Leesplan inligting

Ontdek Jou IdentiteitVoorbeeld

Embracing Your Identity

DAG 1 VAN 5

Etikette



Ek het al baie etikette in my lewe gedra — introvert, getrou, verantwoordelike oudste kind, onseker, nie goed genoeg nie — en die lys gaan aan en aan. Ongelukkig het ek oor die jare alles wat my toegedig is geglo, selfs al het ek geweet dat dit nie was wie ek is of waarvan ek gehou het nie.



Selfs oor die afgelope ses jaar toe ek 'n moeilike reis deur die donkerste tydperk in my lewe aangepak het, het die vyand my met allerhande etikette getreiter. Ek was gebroke, verlore, onverdienstelik en 'n teleurstelling vir God en my geliefdes.



Genadiglik het iets in my begin verander terwyl ek deur die gebrokenheid gewerk het en ek het toegelaat dat God my genees. Ek het dit wat God van my in sy Woord sê, gebruik om die vyand te verslaan. Ek het begin sien wie ek in Christus is en die reddende krag van die kruis in my lewe begin ervaar.



Algaande het al die onlangse etikette soos geroeste kettings begin afbreek. Ek het ontslae geraak van al die krenkende woorde en beskrywings wat oor dekades heen oor my uitgespreek is. Ek het my ware identiteit begin ontdek.



Dalk het jy jou eie etikette: ouer, hopeloos, verworpe, huweliksmaat, vergete, werknemer, nie geliefd nie. Mense het dalk ook woorde oor jou uitgespreek of jy het letsels oor wat jou herinner aan ou wonde. Wat dit ook al mag wees, dit maal oor en oor in jou gedagtes en het begin om jou te definieer. In werklikheid leef jy volgens daardie woorde, in plaas van volgens die Woord van God.



Een etiket wat jy kan aanneem is "kind van God". Vandag se vers is 'n herinnering dat God sy liefde oor jou uitgestort het van die oomblik toe hy jou geskep het, deur elke moeilike tydperk en afdraaipaadjie tot op hierdie oomblik.



Hierdie leesplan gaan jou help om verby die negatiewe etikette te kyk en jouself anders te begin sien. My gebed is dat jy vandag hierdie reis sal begin en jou identiteit in Christus vind. Alhoewel die verlede jou gevorm het, staan die feit vas dat dit jou nie definieer nie. Die definisie van wie jy is, behoort aan die Skepper van die heelal en jy kan besluit wie jy gaan word.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Embracing Your Identity

Voel jy soms dat jy nie weet wie jy is nie of etikette dra wat nie by jou pas nie? Dalk sukkel jy om die regte "jy" te vind en uit te leef. Hierdie leesplan is 'n reis deur Die Woord en vertel vir jou hoe om al die etike...

More

Baie dankie aan Brittany Rust wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek brittanyrust.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid