Leesplan inligting

Leef met VisieVoorbeeld

Visioneering

DAG 2 VAN 7

"In God se Skool"


As jy The Empire Strikes Back gesien het, sal jy moontlik die toneel onthou waar Luke sy vriende wou gaan red voordat hy sy Jedi Knight opleiding voltooi het. Yoda smeek by hom om te wag. "Luke, jy moet jou opleiding voltooi."



Maar Luke het 'n blik in die toekoms gekry, en hy weet sy vriende se lewens is in gevaar. Hy sê: "Ek kan nie die visie uit my kop kry nie. Hulle is my vriende; Ek moet hulle help."



Uiteindelik waarsku Yoda ernstig: "As jy nou gaan, sal jy hulle kan help, maar jy sal alles verwoes waarvoor hulle gestry en gely het."



Nietemin, is Luke vasberade om te gaan. Hy is so gefokus op wat kan en moet wees dat hy verplig voel om dadelik te vertrek. En hy maak so. En onthou jy wat gebeur het? Alles werk perfek uit!



Maar dit is in 'n sterrestelsel wat ver, ver weg is. Hier waar ons egter bly, is aksie vóór voorbereiding gewoonlik rampspoedig.



In die geval van jou goddelik, ordelike visie, gaan God in jou te werk om jou voor te berei vir wat Hy weet voorlê. Soos Luke Skywalker, mag jy so dringend die behoefte voel om op te tree dat dit soos dwaasheid voel om te wag. Maar God is oppermagtig. Hou dit ingedagte. Jou visie is slegs 'n verlenging van Sy visie. En sy tydsberekening is volmaak.



Vir 'n tydjie, sal God in jou werk om jou voor te berei hoe om op sy doelwitte te reageer. En ek dink ons kan aanneem sy doelwitte is in ooreenstemming met sy tydsrooster.



Dit kan alles moeilik wees om te hoor, nie waar nie? Ek weet. Ek het gevind dat die klagte wat die meeste verband hou met die uitleef van 'n visie, juis God se tydsberekening is. Sodra die visie helder is, neem ons aan dat ons gereed is. Hoekom anders sou Hy dan vir ons die visie in die eerste plek gegee het?



Moenie ongeduldig wees nie. Moenie begin voor God lei nie. Aanvaar Sy opleiding en sy tydsberekening. Intussen, sal jou visie, al mag dit reeds in jou brand, jou in staat stel om die wag te kan deurstaan, omdat jy weet dat dit werd is om reg te doen.



Visie kom altyd voor voorbereiding. Aanvanklik, gaan jou visie jou vermoëns oorskry. Binne die spanning wat so veroorsaak word, sal God in jou begin werk.



Tot die mate wat jy kan, identifiseer hoe God jou nou voorberei om later jou visie effektief te kan vervul.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Visioneering

Almal se lewens eindig êrens. Party mense eindig doelbewus êrens-dit is diegene met visie. "Om met visie te leef" is om die rigting in te slaan wat nodig is om drome te realiseer. Hier is jou uitnodiging om elke dag vir ...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2aq2GDf

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid