Leesplan inligting

Leef met VisieVoorbeeld

Visioneering

DAG 1 VAN 7

Waarvoor Jy Geskape Is



Kom ons begin die volgende sewe dae met 'n basiese waarheid: God het 'n doel gehad toe Hy jou geskape het. En totdat jy sy doel vir jou ontdek het—en dit deurvoer—sal daar altyd 'n gaping in jou siel wees.



Efesiërs 2:10 sê: "God het ons gemaak..." Moenie toelaat dat hierdie belangrike werklikheid by jou verbygaan nie. Sê dit hardop vir jouself: "Ek is God se skepping."



Verstaan jy wat dit beteken? Dit beteken dat jy die produk van God se visie is. God het besluit wat jy kan wees en gaan wees. Deur Christus het Hy en gaan Hy veranderinge in jou aanbring totdat jy soos die prentjie lyk van wat jy kan wees en gaan wees.



Sy visie vir jou is egter nie volledig, bloot omdat dit God se visie is nie. Dit moet waar gemaak word. Jy speel 'n belangrike rol daarin. Soos Paulus sê, jy is geskape om goeie dade te doen. Die spesifieke dade wat God vir jou in gedagte het, is belangrik en ook verskillend van dié wat Hy vir enigiemand anders het.



Eerlikwaar, ek kan beswaarlik glo dat die God van die heelal iets besonders in gedagte het wat ons moet doen.



Dit beteken dan dat ek en jy geen reg het om sonder visie te lewe nie. As God 'n visie het wat ons moet doen met die jare wat aan ons toegeken is, moet ons sommer dadelik daarmee begin, dink jy nie so nie? Wat 'n tragedie as ons dit sou misloop!



God het jou geskape volgens sy visie vir jou. Selfs meer as dit, sy visie vir jou as individu maak 'n klein deeltjie uit van Sy groot plan vir die heelal wat Hy in werking gestel het, lank voor jy op die toneel verskyn het. Ek oordryf glad nie dat jou visie al deel vorm sedert eeue gelede en vervulling daarvan nog tot eeue in die toekoms 'n impak gaan hê nie.



Dink daaroor wat dit beteken dat jy God se skepping is en begin om te verstaan vir watter doel God jou gemaak het.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Visioneering

Almal se lewens eindig êrens. Party mense eindig doelbewus êrens-dit is diegene met visie. "Om met visie te leef" is om die rigting in te slaan wat nodig is om drome te realiseer. Hier is jou uitnodiging om elke dag vir ...

More

Baie dankie aan Andy Stanley en WaterBrook & Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://bit.ly/2aq2GDf

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid