Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 6 VAN 14

Jy is kosbaar


Dit maak nie saak wat die wêreld van jou sê nie, jy is kosbaar vir God. Wanneer jy twyfel oor wie jy is en waarom jy geskep is, kan jy vir seker weet dat God jou uniek gemaak het om ’n baie spesifieke taak te verrig wat slegs jy kan doen. Jy is geroep en kosbaar.


Jy moet onthou dat jy geskep is na die beeld van God, jy moet sy heerlikheid weerspieël en Hom eer. Op daardie dae wanneer jy “ongeliefd” voel, wanneer jy verwerp en alleen voel, moet jy onthou dat God jou verseker het dat jy Syne is, en dat jy gekies is. Ek sal vir jou die wysheid en insig gee om op die geloofspad te stap wat God vir jou voorberei het.


Ek sal deur die beloftes van God met jou praat sodat jou geloof nie sal wankel nie. Vertrou op My vir jou krag en vrede, en Ek sal jou vul met God se liefde vir jou.


WAARHEID UIT DIE WOORD


Jy is ’n heilige volk wat aan die HERE jou God behoort. Die HERE jou God het jou uit al die volke op aarde gekies om sy eiendomsvolk te wees. DEUTERONOMIUM 7:6



Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid