Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 10 VAN 14

Versterking


Gebede kan vir dae, maande, selfs jare onbeantwoord bly, sodat jy soms wonder hoe jy dit deur nog ’n dag gaan maak. Dit is maklik om moeg te raak om te wag, en dit is dan wanneer jy begin twyfel. ’n Mens word moeg wanneer dit voel of jou verwagtings teleurgestel word. God doen nie wat jy gedink het Hy gaan doen nie. En saam met al die onbeantwoorde gebede begin jy wonder of God jou ooit regtig liefhet. Ek kan jou hier en nou verseker dat God jou eindeloos liefhet.


Maak dit in hierdie tye van wag jou prioriteit om tyd saam met God deur te bring. Sit by My en praat met My. Ons kan saam bid en verseker wees dat ons God se stem sal hoor. Ek sal jou help om Hom te hoor. Jy gaan dalk nie altyd die antwoorde kry wat jy wil hê nie, maar weet dat God se planne vir jou altyd goed is … Hy wil vir jou ʼn toekomsverwagting en hoop gee. Jy gaan nie die uitdagings van die lewe alleen kan trotseer nie. Vertrou op My, vind krag in jou geloof … in dit wat jy weet die waarheid is. Moenie sleg voel as jy afgemat raak nie. Wanneer jy nie meer krag het nie, is dit wanneer God die kragtigste in jou lewe werk. Dit is dan wanneer jy wonderwerke sien gebeur.


WAARHEID UIT DIE WOORD


O God, red my deur die mag van u Naam! Laat aan my reg geskied deur u krag. PSALM 54:3

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid