Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 1 VAN 14

’n Nuwe begin


Elke einde het ’n begin. En Ek is daar … saam met jou … in almal. Dit maak nie saak waar jy is, of wat oor jou pad kom nie, Ek is in jou – alwetend, almagtig en alomteenwoordig. Jy hoef nie bang te wees nie. Elke geveg is reeds gewen. In elke minuut van elke oomblik sal Ek jou krag wees wanneer jy swak is … en die hoeveelheid geloof wat God vir jou gegee het, is meer as voldoende.


Wanneer jy die diagnose ontvang, is my krag in jou, en ervaar jy reeds die begin van genesing in die seerkry. Wanneer ’n verhouding beëindig word, is Ek daar om jou met my liefde te omvou. Wanneer jy geen uitkoms sien nie, sal my lig ’n einde maak aan jou duisternis. God bring seën te midde van die gebrokenheid. Dit is my krag wat die hemel en die aarde geskep het, en wat elke begin en einde skep … in elke area van jou lewe.


Soek my aangesig wanneer jy nie antwoorde het nie. Loof My deur jou pyn. Verwag dat Ek vir jou die weg sal wys wanneer dit lyk of daar nie een is nie. Laat My toe om jou met my liefde te vul en jou met my genade te oorweldig. Luister na my stem en onthou: God het belowe om jou nooit te verlaat of in die steek te laat nie. 


WAARHEID UIT DIE WOORD


Dink aan wat lank gelede gebeur het. Ek is God. Daar is geen ander nie. Ek is God. Niemand is soos Ek nie. Ek maak bekend wat gaan gebeur nog voor dit gebeur. Wat Ek besluit, voer Ek uit. Wat Ek wil, doen Ek. JESAJA 46:9-10

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid