Leesplan inligting

Wandel Deur Die GeesVoorbeeld

Wandel Deur Die Gees

DAG 14 VAN 14

Liefdevol?


Jy gaan nie altyd “liefdevol” voel nie. Mense sal jou beledig en seermaak en dit sal voel of jou hart so gebreek is dat jy nooit weer kan liefhê nie. As jy egter na My toe kom, sal Ek jou vertroos. God sal jou hart heelmaak. Hy vang elke traan op en eendag sal jou hartseer in vreugde verander word.


Selfs al maak ander jou seer, selfs al is jy vasgevang in die greep van pyn, vloei God se liefde steeds deur jou. Jy kan steeds liefhê. Dit gaan dalk nie voel of jy kan nie. Jy voel dalk koud en leeg, maar God se krag is sterker as jou pyn. Moenie toelaat dat hartseer die vreugde steel wat in die Here te vind is nie. Wanneer jy verlore is, leeg en alleen, vertrou op God se belofte dat Ek by jou is en jou sal vertroos. Ek sal vir jou vrede gee, Ek sal jou hart heelmaak, Ek sal jou oorvloedig vul met God se liefde. Die liefde hou nooit op nie.


WAARHEID UIT DIE WOORD


Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het. EFESIËRS 4:2-3





Hierdie oordenkings is geneem uit WANDEL DEUR DIE GEES deur Cherie Hill © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Wandel Deur Die Gees

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid