Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 2 VAN 12

GEESTELIKE GROEI IS ’N REIS


Enige kitsmentaliteit wat betref geestelike groei is onrealisties. Jesus het dit ook nie van sy dissipels verwag nie. Inteendeel, Hy roep dissipels wat harde, “ongeestelike” mense was – Petrus sê byvoorbeeld by sy roeping: “Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige man” (Lukas 5:8). Jesus kies dus sondaars om Hom te volg, maar die volgelingskap verander hulle! Ná daardie drie jaar en die toerusting van die Heilige Gees word dieselfde Petrus die leier van die kerk. Selfs toe moes hy nog groei, want by geleentheid moes Paulus hom berispe.


Ons eie geestelike groei werk ook so. Ons vorder, maar in ’n onbewaakte oomblik kom die “ou mens” weer uit. Dan besef ons dat dit alles weer ek, ek, ek is. Sommige areas in ons lewe bly lewenslank ’n uitdaging. Soms is dit twee treë vorentoe, een tree terug. Die les van dit alles? Meer nederigheid, meer genade! Jy is nog op die reis. Bly net in verhouding, bly groei, bly verander! En bly op jou knieë.


Dankie Here, dat ek agter U mag aankom, al is ek steeds hard, vleeslik, sondig. Dankie as ek U volg, sal ek in my verhouding groei om meer soos U te word. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid