Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 1 VAN 12

BEGIN MET ’N BESLUIT


Matteus het namens die Romeine belasting ingevorder. Hoe meer hy kon invorder, hoe groter was sy kommissie. Dus het hy skatryk geword deur sy eie volksgenote af te pers en te verarm. Daarom het die mense tollenaars so gehaat.


Nogtans staan Jesus op ’n dag by Matteus en sê vir hom: “Volg My!” Jesus gee nie om wie Matteus is of was nie – Hy sien net ’n mens vol behoefte en potensiaal. Jesus se reguit uitnodiging tref Matteus diep in sy hart. Hy besef dat rykdom en sukses hom nie gelukkig gemaak het nie. Dan trek hy eenvoudig ’n streep onder sy ou lewe, staan op en begin Jesus volg. Dit word die wonderlikste, sinvolste en opwindendste jare van sy lewe.


Jesus staan vandag ook by jou – ja, regtig – en sê vir jou: “Volg My!” Volg jy? Is jy seker? Volgelingskap begin met ’n kwaliteitsbesluit vir Jesus. Elkeen van ons moet dáár begin.


Here Jesus, ek hoor u stem in my hart en ek wíl U volg. Dáárvan is ek baie seker! Help my om u volgeling te wees. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid