Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 7 VAN 12

WAT MOET VERANDER?


As volgelinge van Jesus is ons op ’n besliste groeipad. Moenie dat die gedagte van groei of verandering jou afskrik nie: Ons móét groei, want ons is nog nie ons beste self nie.


Kom ons maak dit heel persoonlik. Vra jouself vrae soos die volgende: Waar reageer ek nog onvolwasse? Waar tree ek liefdeloos op? Waar gaan dit suiwer oor myself? Waar het God nie werklik inspraak nie? Waar faal ek keer op keer? As jy eerlik is met jouself, sal jy die terreine van jou groei wel herken. O, as jy net ’n prentjie kon kry van God se droom vir jou, van jou beste jy: volwasse, óór jou self en óór jou dinge, rustig en sterk, groot genoeg om nederig te kan wees, leier genoeg om te kan dien, liefdevol uit ’n onkeerbare hart, omdat dit die mens KEN – onoorwinlike vertroue in God. Ja, dis soos Jesus was – en dis soos Hý wat ons moet word!


Here Jesus, ek kan nooit bly soos ek is nie. Help my om meer soos U te word. Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid