Leesplan inligting

Hier Is Ek, HereVoorbeeld

Hier Is Ek, Here

DAG 4 VAN 12

VAL, MAAR STAAN OP


Ons geestelike groei vind nie gelykmatig opwaarts plaas nie. Nee, dit gebeur met rukke en stote, in seisoene, gekenmerk deur krisisse of groot gebeurtenisse. Dikwels is dit teenspoed of probleemtye wat ons na die Here toe dryf, wat ons die diep lesse leer. Voorspoed, daarenteen, is dikwels sleg vir die geestelike lewe. Soms groei ons deur spesifieke ervarings met God, wat ons in nuwe dimensies inlei, maar ander kere groei ons deur geestelike dissiplines: ritmes en gewoontes wat ons op God gefokus hou.


As ons geestelik struikel, is dit gewoonlik as gevolg van versoekings. Wat doen ons as ons dan geval het? Wel, ons staan bloot weer op! Wat anders? By die Here is daar altyd ’n nuwe begin – Hy breek ’n geknakte riet nie af nie! Het jy geestelik misluk, het jy teruggeval? Het jy vandag berou daaroor? Neem dan jou belydenis na die Here toe en ontvang sy vergifnis. Staan dan op en gaan weer aan. Verhoed egter dat jy val. Vermy versoekings. Sonde is gevaarlik!


Hemelse Vader, ek bely dat ek met sonde worstel. Dit gaan vir my steeds oor my eie behoeftes en begeertes. Help my om totaal oorgegewe te leef! Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hier Is Ek, Here

Geestelike groei is ’n lewenslange reis. Dit gaan op en af. Ons staan, val en staan dan weer op. Maar ons lewe in God móét verander: ons gedagtes, waardes en houdings, ons woorde en dade. As jy gereed is ten beste lte ew...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid