Leesplan inligting

Wat Is Aanbidding: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

What Is Worship?

DAG 5 VAN 5

Aanbidding Is Om Te Juig



Daar is baie logika in ons aanbiddingslewe. Daar is verhale om te vertel, om te ontleed en te verwerk. Daar is leerstellinge om in onderrig te word en toe te pas. Daar is interne Skriftuurlike konneksies wat raakgesien moet word, profesieë wat vervul moet word, Ou Testamentiese gedeeltes wat in die Nuwe aangehaal word en versigtige onderskeidings wat gemaak moet word. Daar is Bybelse geografie wat bestudeer moet word, sowel as taalkunde, kulturele, militêre en politieke geskiedenis.



Daar is egter ook emosies in ons aanbiddingslewe. Daar is ook 'n "Jippie!"



Hoe kan jy nie opgewonde raak oor die opwindende oorwinning van goed oor kwaad, Christus oor die Satan nie? Hoe kan jy nie wil dans oor die verstommende belofte van die grootse opstanding en reünie van gelowiges nie? Hoe kan jy nie hardop met blydskap wil uitroep as jy die verblydende vordering van die sendingopdrag sien om die evangelie tot aan die einde van die aarde te versprei nie? Dink daaraan — 'n paar honderd gelowiges het miljarde geword. Sjoe! "Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees" (1 Kronieke 16:10).



Wees inderdaad bly! Alhoewel daar ernstige waarskuwings in die Bybel is wat ons in ag moet neem, alhoewel daar verskriklike hartseer verhale van die mensdom se mislukkings is, en alhoewel ons ons eie gebrokenheid en swakhede bring, is vreugde die oorheersende emosie in ons aanbiddingslewe. Die evangelie oorwin die mensdom se sonde. Genade oorwin die oordeel. Die Satan het verloor. Jesus het gewen! Vér gewen!



Sê dit saam met my — “Jippie!"
Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Is Worship?

Aanbidding is nie net iets wat ons op Sondae doen nie. Dit is verweef in ons alledaagse lewens.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org/?utm_source=youVersion&utm_medium=app&utm_campaign=homepageURL vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid