Leesplan inligting

Wat Is Aanbidding: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

What Is Worship?

DAG 3 VAN 5

Aanbidding Is Verkondiging



Het jy al ooit met iemand uitgegaan wat die verhouding nie bekend wil maak nie? Wat nie saam met jou in die openbaar gesien wil wees nie? Wat jou nie jou vriend op Facebook wil wees nie en steeds voorgee om "enkellopend" te wees? Soos die weke verby gaan, begin jy nie dalk wonder of daar regtig 'n toekoms saam met die persoon is nie? Hoekom wil hy of sy my nie in die openbaar erken nie?



Kan jy jouself indink hoe God voel wanneer mense die vergifnis en onsterflikheid wil hê wat Hy beloof; hulle oënskynlik vreeslik bly is om toegang tot die hemel te kry wanneer hulle sterf, maar weier om Hom voor hulle vriende te erken? Moenie tevrede wees met 'n onsigbare verhouding nie. Maak dit in die openbaar bekend! Wees trots op jou Redder en Koning! Dra die oorwinningskleure! Ondersteun die hemelse span! "Loof die Here. Roep Hom aan! Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het" (1 Kronieke 16:8).



Aanbidding is verkondiging. Aanbidding wys vir die wêreld dat jy trots is om een van God se kinders en dienaars te wees, Jesus se broers en susters, vreugdevolle lede van sy Openbare Betrekkinge kommunikasiespan. In 'n wêreld vol verwarring, onkunde, en gebrokenheid, wys aanbidding jy glo dat die Bybel se woorde waar is. Laat die wêreld jou sien kerk toe gaan, met ander gelowiges vergader, deelneem aan 'n vreugdevolle en liefdevolle gemeenskap en waarde tot jou gemeenskap toevoeg.



Openbare aanbidding wys dat jy trots is om jouself 'n Christen te noem.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

What Is Worship?

Aanbidding is nie net iets wat ons op Sondae doen nie. Dit is verweef in ons alledaagse lewens.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org/?utm_source=youVersion&utm_medium=app&utm_campaign=homepageURL vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid