Leesplan inligting

Wat Is Aanbidding: Oordenkings Van "Time of Grace"Voorbeeld

What Is Worship?

DAG 4 VAN 5

Aanbidding Is Om Te Bid



God besef dat ons 'n agterstand in ons verhouding met Hom het. Hy kan jou sien, maar jy kan Hom nie sien nie. Hy kan jou duidelik en direk hoor, maar jy kan Hom net indirek hoor. Hy is bewus van die spanning wat dit op jou plaas en Hy maak daarvoor voorsiening.



Jy eer Hom wanneer jy bid. Christene se gebede gee erkenning daaraan dat God alomteenwoordig, liefdevol, alwetend en almagtig is. Gebed neem die houding van nederigheid aan. Ons kyk mekaar nie vierkantig in die oë in 'n kragkompetisie nie. Gebed is nie 'n debat nie. Gebed beteken dat ons ons relatiewe nietigheid erken; ons aanvaar sy ontwerp van die mensdom, aanvaar hoe hy dinge doen, aanvaar sy wysheid en planne, en respekteer die enorme stoorkamers van hulpbronne wat tot sy beskikking is.



Dit beteken ook dat ons ons behoeftes moet bely. "Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid" (1 Kronieke 16:11). Dit is nie dat Hy ons behoeftes nie raaksien nie, maar Hy wil hê dat ons dit vir Hom sal noem, sodat wanneer Hy ons help, ons die verband kan insien en aan Hom al die heerlikheid gee. Hy wil ons woorde van berou oor sonde hoor, sodat Hy ons van sy liefde en bestendige vergifnis in Christus kan verseker. Hy wil hê dat ons die behoeftes van ander na Hom toe sal bring — nie omdat Hy dit nie sonder jou hulp kan uitpluis nie, maar omdat dit so 'n mooi gebaar van liefde en deernis teenoor ander is. Hy is lief daarvoor om te reageer wanneer ons bid.



Hy wag dat jy sal vra. Het jy nou 'n oomblik vir Hom?
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

What Is Worship?

Aanbidding is nie net iets wat ons op Sondae doen nie. Dit is verweef in ons alledaagse lewens.

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://www.timeofgrace.org/?utm_source=youVersion&utm_medium=app&utm_campaign=homepageURL vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid