Leesplan inligting

Die Wonderwerk wat Israel genoem wordVoorbeeld

The Miracle Called Israel

DAG 7 VAN 7

God bly getrou



Op die tweede dag van die Jom Kippoeroorlog het Eerste Minister Golda Meir die telefoon opgetel en vir President Richard Nixon gebel. Sy het gesê: “Mnr. die President, as Amerika nie vir Israel binne die volgende 48 uur help nie, sal Israel nie staande bly nie.” Nixon was 'n rukkie stil en het toe gesê: "Golda, toe ek 'n kind was, het my ma elke aand vir my Bybelverhale gelees. Eendag het sy by 'n gedeelte gekom waar God vir Israel geveg en die nasie gered het. Sy het stilgebly en vir my gesê: 'Richard, ek wil hê jy moet my belowe dat, as jy ooit 'n kans kry om die Joodse volk te red, jy dit sal doen!' Toe het sy voortgegaan en die res van die Bybelverhaal gelees. Golda, vir die eerste keer weet ek hoekom ek die President van die Verenigde State van Amerika geword het." Hy het die telefoon neergesit, die Pentagon gebel, en die bevel gegee vir die grootste lugvervoer van wapentuig sedert die Tweede Wêreldoorlog.



Sommige mense dink dat Israel se opstandige gedrag daartoe gelei het dat God hulle vir ewig verlaat het. Dit is dwarsdeur die geskiedenis, soos in die Bybel opgeteken, duidelik dat Israel nie volmaak is nie. In Esegiël 36:22 sê die Here: "Dit is nie ter wille van julle dat Ek optree nie, Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat deur julle oneer aangedoen is onder die nasies waar julle gekom het."



Die verdrukking gaan 'n verskriklike tyd vir Israel wees, maar die Bybel sê: "Dit is 'n tyd van swaarkry vir Jakob, maar hy sal daaruit gered word" (Jeremia 30:7b). Daar kan nie vrede in die Midde-Ooste wees voordat die Vredevors terugkeer nie. Eers kom die fisieke herstel, dan die geestelike herstel. 



Israel is jou versekering dat God getrou is aan sy beloftes. God wil jou aandag kry. Hy gebruik sy volk om jou te vertel: "Ek het jou net so lief as wat Ek vir Israel het. Nou is julle my volk. Ek het julle uit slawerny tot vryheid in Christus geroep. Uit die duisternis na sy wonderlike lig, maar jy kan nie daardie lig vind tensy jy jou geloof stel in die voltooide werk van Jesus Christus, wat vir jou aan die kruis gesterf het nie. Hy is die Koning van Israel. Hy sal Israel kom red, maar Hy het ook 2 000 jaar gelede gekom om jou te red. Ontvang my Seun". 



Vader, ons dank U vir die wonderwerk wat Israel genoem word. U was getrou selfs toe hulle nie was nie; U het gekies om altyd u belofte aan Abraham, Isak en Jakob te onthou. Ons bid vir die redding van Israel en die Joodse volk. Ons weet dat U 'n plan het en dat die hele Israel uiteindelik gered sal word. Vader, ons dank U dat ons in die dae van Esegiël leef. Ons vra dat U ons sal help om heilige lewens te lei. In die naam van die Heilige Een van Israel, Immanuel. Amen.



As jy meer wil uitvind oor God se planne vir sy nasie van wonderwerke, Israel, kyk na Amir Tsarfati se boek Israel and the Church 






Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Miracle Called Israel

Dit is goed om onsself te onderrig en te onthou waarom dit noodsaaklik is om te weet waaroor Israel gaan. Israel is 'n wonderwerk. Israel is 'n uitbeelding van God se getrouheid. Israel is jou versekering dat God getrou ...

More

Amir Tsarfati van Behold Israel, in vennootskap met El Centro Network. Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.beholdisrael.org en https://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid