Leesplan inligting

Die Wonderwerk wat Israel genoem wordVoorbeeld

The Miracle Called Israel

DAG 2 VAN 7

God van wonderwerke



Genesis 17:15-17 vertel die verhaal van toe God Abraham laat lag het: "God het ook nog vir Abraham gesê: 'Jy moet jou vrou nie meer Sarai noem nie. Haar naam is nou Sara. Ek sal haar seën en vir jou 'n seun uit haar gee. Ja, Ek sal haar seën, en nasies en konings van volke sal uit haar voortkom.' Toe het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag ..."



Abraham het gelag! God praat ernstig met hom, en hy begin lag?!



Die Bybel gaan voort: "... en [Abraham het] gedink: kan daar vir 'n man van honderd 'n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, 'n kind in die wêreld bring? En Abraham het vir God gesê: 'As Ismael maar net in u teenwoordigheid kan bly lewe!' Maar God het vir Abraham gesê: 'Nee, jou vrou Sara sal vir jou 'n seun in die wêreld bring. Jy moet hom Isak noem. Ek sal my verbond met hom hou as 'n blywende verbond, en ook met sy nageslag'"

(Genesis 17:17-19).

As jy wonder hoekom die vredesverdrag wat in 2020 deur Israel, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State onderteken is, die Abraham-ooreenkoms genoem is, dan is dit omdat dit dáár is waar die meningsverskil oor die land begin het. Daar is diegene wat sê dat die land aan die nakomelinge van Ismael, die eersgeborene, behoort. Met daardie belofte aan Abraham, kan jy egter sien wie God gekies het om hierdie land aan te gee — Isak.



In Genesis 25:20-24 het Isak, wat 40 jaar oud was, Rebekka as sy vrou geneem. (As jy dus 40 is en nog enkellopend is, is daar hoop. Moenie opgee nie.) Isak het by die Here gepleit namens sy vrou, omdat sy onvrugbaar was. Die Here het sy gebed verhoor, en Rebekka het swanger geword. Nog 'n wonderwerk! "Die kinders het in haar teen mekaar gestamp, en toe sê sy: 'Waarom gebeur so iets met my?' Sy het toe die Here gaan raadpleeg, en Hy het vir haar gesê: 'Daar is twee nasies in jou, twee volke uit jou sal van mekaar geskei word. Een sal sterker wees as die ander, die oudste sal die jongste dien'” (Genesis 25:22-23). God se verduideliking was in stryd met elke tradisie en gebruik van daardie tyd. God se weë is nie ons weë nie. God se gedagtes is nie ons gedagtes nie.



In Genesis 32:22-28 lees ons hoe Jakob, op pad terug na sy land en sy gesin, sy vrouens en kinders oor die rivier gestuur het met alles wat hy besit het; hy het alleen daar agtergebly. ’n Man het met hom gestoei. "Die man het vir Jakob gesê: 'Los my, want die dag breek.' Jakob het geantwoord: 'Ek sal jou net los as jy my seën.' Toe vra die man: 'Wat is jou naam?' en hy antwoord: 'Jakob.' Die man het gesê: 'Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense 'n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.'” Dit was die geboorte van die volk van Israel. Om met God 'n stryd te voer en te seëvier, is nog 'n wonderwerk!



Net soos God 'n blywende verbond met Israel gesluit het, het Hy 'n blywende verbond met jou gesluit deur Jesus. Hy is ons wonderwerk!














Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Miracle Called Israel

Dit is goed om onsself te onderrig en te onthou waarom dit noodsaaklik is om te weet waaroor Israel gaan. Israel is 'n wonderwerk. Israel is 'n uitbeelding van God se getrouheid. Israel is jou versekering dat God getrou ...

More

Amir Tsarfati van Behold Israel, in vennootskap met El Centro Network. Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.beholdisrael.org en https://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid