Leesplan inligting

Die Wonderwerk wat Israel genoem wordVoorbeeld

The Miracle Called Israel

DAG 3 VAN 7

Ek sal dit doen



Wanneer die Here praat, val die toekoms in plek.



In Genesis 41:39b hoor Josef die Farao sê: "Daaruit is dit duidelik dat niemand soveel verstand en wysheid as jy het nie. Ek stel jou aan oor my paleis." Een van Jakob se jongste kinders, klein Josef, gaan nou oor die Egiptenaars regeer. Slegs die Farao was oor hom aangestel. Toe hongersnood gekom het, moes Josef se gesin, insluitend sy ouer broers, na Josef toe kom vir kos om te oorleef. Toe is die woord van die Here aan Rebekka ook in Josef vervul: "Die oudste sal die jongste dien". Dit was nie net die ouer Esau wat sy jonger broer, Jakob, wat ook Israel genoem is, gedien het nie. In die volgende geslag het die ouer seuns ook die jonger seun, Josef, gedien toe hulle na Egipte getrek het.



Jare later het die koning van Egipte gesterf en Jakob se nakomelinge, die kinders van Israel, het oor hulle slawerny ten hemele geskreeu. God het hulle gekerm gehoor en aan sy blywende verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink. Israel het God egter nie in daardie tyd aanbid nie, want Israel het God nie geken nie — nie eens sy Naam nie!



Die Here het die wonderwerk van 'n brandende bos gebruik om Moses se aandag te trek. "God het vir Moses gesê: 'Ek is die Here! Ek het aan Abraham, Isak en Jakob verskyn as God die Almagtige, maar my Naam, die Here, het Ek nie aan hulle bekend gemaak nie. Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land Kanaän aan hulle te gee, 'n land waarvan hulle nie burgers was nie ...” (Eksodus 6:1-3).



Die Here het bygevoeg: "Daarom moet jy vir die Israeliete sê: Ek is die Here. Ek sal julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle van die verknegting verlos, Ek sal julle vrymaak met mag en met groot reddingsdade. Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here'” (Eksodus 6:5–7).



Nadat Moses die volk van Israel deur die woestyn gebring het, het Josua hulle gelei. Toe het die Here vir Israel die land gegee wat Hy beloof het. Hulle het dit verower en in vrede daar gewoon. "Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom" (Josua 21:45).



Elke keer as God 'n belofte gemaak het, het Hy dit gehou. Jy kan op Hom vertrou. Israel is jou versekering dat God getrou aan sy beloftes is.










Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Miracle Called Israel

Dit is goed om onsself te onderrig en te onthou waarom dit noodsaaklik is om te weet waaroor Israel gaan. Israel is 'n wonderwerk. Israel is 'n uitbeelding van God se getrouheid. Israel is jou versekering dat God getrou ...

More

Amir Tsarfati van Behold Israel, in vennootskap met El Centro Network. Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.beholdisrael.org en https://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid