Leesplan inligting

Die Wonderwerk wat Israel genoem wordVoorbeeld

The Miracle Called Israel

DAG 5 VAN 7

Die Geboorte van 'n Nasie



Die moderne staat Israel is in 1948 uitgeroep. Dit was die werk van dieselfde God, met dieselfde optrede, vir dieselfde mense. Terwyl David Ben Gurion, Israel se eerste minister, Israel se Onafhanklikheidsverklaring hardop gelees het, het die staat Israel ontstaan. Almal wat die Bybel geken het, het die betekenis van daardie oomblik verstaan. Hulle was stomgeslaan, met trane in hul oë. Almal wat die vervangingsteologie voorgehou het, het kopgekrap.



Bybelse profete so ver terug as Moses het voorspel dat die Joodse volk ná 'n lang en bitter ballingskap na die heilige land sou terugkeer, Jakob se antieke erfenis sou bewoon, die stede sou herbou en die Joodse nasie sou hervestig. 



Terwyl die radio-uitsending Dawid Ben Gurion se woorde oor die land Israel en die hele wêreld gedra het, het die mense in Tel Aviv in die strate gedans. Die meeste Jode in die nuut verklaarde staat het egter min tyd gehad om hulle te verheug. Ben Gurion het later beskryf hoe hy gevoel het terwyl hy die verklaring gelees het: "Daar was geen vreugde in my hart nie, want ek het net aan een ding gedink — die oorlog wat ons binnekort moes voer". 



Aan die grense van die land het Arabiese leërs uit Jordanië, Sirië, Libanon, Saoedi-Arabië, Irak en Egipte hulle gereed gemaak vir 'n aanval. Die dag nadat Israel sy onafhanklikheid verklaar het, het sewe Arabiese leërs die nuwe nasie aangeval en belowe om die Jode in die see in te dryf. Alhoewel die VN daardie verdeling van Palestina in 'n Joodse en 'n Arabiese staat amptelik goedgekeur het, het die Arabiese nasies dit verwerp en gesê dat daar geen plek vir die Jode was nie.



Voor Israel se onafhanklikheid het die Britse magte, wat destyds nog in beheer van Palestina was, aangekondig dat hulle soldate op 15 Mei 1948 sou onttrek. Die Jode van Palestina het hulself in 'n verskriklike dilemma bevind. Sioniste, diegene wat glo dat Israel die plek is vir die Jode, kon nie wapens koop nie. Die Arabiese wêreld het gereed gemaak om tot aksie oor te gaan; die res van die wêreld het weggekyk. 



Sioniste het besef dat hulle nie op enigiemand behalwe God alleen kon staatmaak nie, al het hulle nie in Hom geglo nie. David Ben Gurion was die mees wêreldse Jood wat jy kon vind, maar selfs hy het Bybelverse onder sy lessenaar gehad — oral uitgesprei. Hy het gesê: "Die enigste manier waarop ek kan verduidelik wat nou gebeur, is as ek gloin hierdie dinge".



Op die oog af het alles hopeloos gelyk. Maar God hou sy beloftes. Hy is getrou aan die woorde wat Hy deur al sy profete gespreek het. Ons kan Hom vertrou.










Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

The Miracle Called Israel

Dit is goed om onsself te onderrig en te onthou waarom dit noodsaaklik is om te weet waaroor Israel gaan. Israel is 'n wonderwerk. Israel is 'n uitbeelding van God se getrouheid. Israel is jou versekering dat God getrou ...

More

Amir Tsarfati van Behold Israel, in vennootskap met El Centro Network. Vir meer inligting, besoek ons gerus by www.beholdisrael.org en https://www.elcentronetwork.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid