Leesplan inligting

Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Everyday Supernatural

DAG 1 VAN 7

Risiko


Oor die jare het ek al baie lughawe rampe gehad. Eenkeer het ek by Stansted lughawe gearriveer om Berlyn toe te gaan net om te ontdek ek het my paspoort vergeet. Ek het probeer inboek met my bestuurslisensie maar hulle wou dit nie aanvaar nie. Ek het die Soul Survivor kantoor gebel en my vriend Ali het na my huis toe gejaag, my paspoort gekry en lughawe toe gery.



Ongelukkig het Ali opgedaag net toe die vliegtuig besig was om op te styg. Ek was so kwaad vir myself en terwyl ons afgehaal na die kar toe geloop het, het ek 'n man op sy eie gesien staan met sy tas langs hom. 'n Gedagte het deur my kop geskiet: Daardie man het bemoediging nodig, gaan bid vir hom. Ek verwerp oor die algemeen sulke gedagtes maar hierdie keer het ek 'n groot fout gemaak: ek het dit vir Ali genoem. Tot my ergernis het sy opgewonde geraak. "Dit het nog nooit met my gebeur nie", het sy gesê. "Dit is soos een van daardie Christelike boeke. Kom ons gaan bid vir hom!" Ek het haar probeer oorreed dat dit net my gedagtes was en ek het gesê: "Ek is moeg; al wat ek wil doen is huis toe gaan." Sy was te opgewonde om te luister. "Maar wat as dit van God af is?" het sy gevra.



Op die ou einde het ek geweet ek sou haar teleurstel as ek nie 'n poging aangewend het nie. Ek sê toe: "Nou goed, kom ons loop verby en kyk of God nog iets sê." Ons het verbygeloop. Niks. Ons het 'n tweede keer verbygeloop. Nog steeds niks. Ons het sewe keer by daardie man verbygeloop. Op die ou einde, meer uit desperaatheid as enige iets anders, het ek na die man toe geloop. "Verskoon my meneer, ons is nie vreemd nie," (hy het nie oortuig gelyk nie), "maar ons dink Jesus het vir ons gesê dat jy bemoediging nodig het en ons het gewonder of ons vir jou kan bid."



Hy het ons verbaas aangekyk en gesê: "Ek het so pas in hierdie land gearriveer om 'n pastoor te wees vir 'n kerk in Essex. Ek het gewag vir die twee ouderlinge van die kerk om my te kom haal maar hulle is laat. Ek het hier gestaan en gedink: 'Wat op aarde het ek gedoen? Hoekom is ek hier?' En ek het net so tydjie terug gebid: 'Vader, ek sal dit baie waardeer as U my 'n bietjie bemoediging kan gee voor hulle opdaag om my te kom haal.'"



Ek was meer verbaas as wat die pastoor was! "Is jy ernstig?" het ek gevra. Ons het toe vir hom gebid en verheug weer weggegaan. Terwyl ons huis toe gery het en opgewonde gesels het oor wat God gedoen het, kon ek nie help om te dink aan al die kere wat ek gedagtes soos daardie gehad het en dit verwerp het nie. Hoeveel keer het ek nie die risiko geloop nie. Hoeveel keer het ek gedink, Dis net ek.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Supernatural

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se ger...

More

Ons wil graag vir Mike Pilavachi, Andy Croft en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/everyday-supernatural/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid