Leesplan inligting

Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Everyday Supernatural

DAG 4 VAN 7

Hoor die Gewone

Na 'n redelike tyd het ek begin agterkom dat God besig was om met my te praat deur boeke. Weereens was dit normaal, doodgewoon en nie uitspattig nie maar dit was nietemin sy stem. Ek het dit nog altyd geniet om te lees, maar ek het begin vind dat ek 'n boek van die rak af sou kies, skynbaar onwillekeurig, en die uiteinde was dat dit aanspreek wat ook al op daai stadium aangegaan het in my lewe. Dit het nie die hele tyd gebeur nie, en terwyl jy hierdie lees mag dit lyk na blote toeval, maar dit het nou al so gereeld gebeur dat dit iets is wat ek nou al verwag. Ek sien God se hand agter dit.


Ek onthou dat ek een week gebid het oor waaroor ek moes praat by die kerk en die gedagte het by my opgekom om oor die dood te praat. Ek het nog nooit in my lewe oor die dood gepraat nie en ek was nogal teensinnig om nou te begin! Die volgende ding wat gebeur het, was dat ek 'n boek op my boekrak raakgesien het. Dit staan al daar vir jare; ek het dit nog nooit oopgemaak nie en ek kan ook nie onthou hoe ek dit gekry het nie. Ek het ewe skielik gevoel ek moet dit lees. Ek het hardop gesê: "As daardie boek oor die dood gaan, dan is dit waaroor ek sal praat." Tot my verbasing was die hele boek 'n oordenking oor dood en doodgaan.


Wanneer ek terug kyk wonder ek of God begin het om die prentjie vir my te skep met Skrifgedeeltes en boeke om my te bemoedig dat ek nie heeltemal doof was vir sy stem nie.


Terwyl my selfvertroue begin groei het dat God met my praat het ek begin om bietjie meer profesieë te beoefen. Wanneer ek terug kyk, is een van die dinge wat my verras hoe ongeestelik dit gevoel het. Ek het altyd aangeneem, wanneer ek ook al ander mense se verhale gehoor het, dat iets soos elektrisiteit deur hulle lyf gegaan het en hulle het die boodskap aangekondig wat in hulle siele ingebrand is.


Toe ek dit begin beoefen het, het dit nie so gewerk nie. Ek is deur 'n tydperk van probeer om 'n profesie 'n dag vir iemand te hê. Ek sou in my kamer sit by die universiteit en God vra om vir my 'n woord vir iemand te gee. Gewoonlik, na 'n rukkie, sou iemand in my gedagtes opkom en ek sou 'n Bybelvers, 'n prent of iets anders kry. Ek het nog steeds nie vol vertroue gevoel nie, so ek het besluit om vir mense die profesieë te sms — dit het my die verleentheid gespaar om dit verkeerd te kry van aangesig tot aangesig! Ek het dit vir twee of drie weke gedoen en ek is baie seker dat ek 'n klomp "geseënde gedagtes" uitgestuur het in plaas van profesieë. Meeste van my smse was min of meer in die lyn van: "Ek sien 'n waterval en God sê Hy is lief vir jou ..."


Eendag het God 'n vriend in my gedagtes laat opkom met wie ek nie vir maande nie in kontak was nie. In my gedagtes het ek 'n prent van 'n appel gesien wat 'n bytplek aan het. Ek het vir haar die prent gestuur en 'n boodskap wat ek gedink het saam met dit gaan: "Jy het nog net een hap van jou lewe gevat, en die Here wil hê jy moet weet dat daar soveel meer is om te geniet." Dit het nogal eenvoudig gevoel, maar sy het onmiddelik terug gesms: "Dit is wonderlik, baie dankie." Sy het verduidelik dat sy op trou gestaan het maar omtrent nege maande tevore het sy die verlowing verbreek. Ek het dit nie besef nie, maar dit was die einste oggend wat sy in die paadjie sou afloop 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Supernatural

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se ger...

More

Ons wil graag vir Mike Pilavachi, Andy Croft en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/everyday-supernatural/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid