Leesplan inligting

Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Everyday Supernatural

DAG 2 VAN 7

Die Ergste van die Ergste


In die Nuwe Testament tye, wanneer rabbi's dissipels kies gaan hulle na die rabynse skole en kies die beste van die beste. Een van die vrae wat hulle hulleself afvra is: "Kan hierdie man groter dinge as ek doen?"


Wanneer Rabbi Jesus sy dissipels kies lyk dit of Hy gaan vir die ergste van die ergste. Dink daaroor: Wanneer ook al Petrus sy mond oopmaak, steek hy sy voet in sy mond. Jakobus en Johannes het die bynaam gehad "Seuns van Donder", nie omdat hulle spysverteringsprobleme gehad het nie, maar amper vir seker omdat hulle slegte humeure gehad het. Ons word vertel in die evangelies dat hulle amibisieus was. Terwyl Jesus besig was om vir hulle te vertel hoe Hy aan die kruis gaan sterf, vra Jakobus en Johannes: “Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra." "Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” het Hy hulle gevra. Hulle het Hom geantwoord: “Wanneer U as koning heers, laat ons dan langs U sit, die een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.” Jesus was nie baie beindruk nie. (Markus 10:35-40).


Hulle was wraagsugtig en geweldadig. Toe sommige van die Samaritaanse dorpenaars hulle nie innooi vir 'n kopie tee nie het hulle aan Jesus voorgestel dat hulle vuur moet neerbid uit die hemel wat hulle sal laat uitbrand (Lukas 9:54). Jesus moes gewonder het of hulle ooit sal verstaan.


Een van die ander dissipels, Simon, was 'n Seloot. Met ander woorde, hy het probeer om die heersende Romeinse weermag met geweld te oorrompel. In vandag se tyd kan hy 'n terroris genoem word. Mattheus het belasting ingesamel van sy eie mense namens die heersende Romeinse mag en is gesien as 'n verraaier teenoor Israel. Tomas was elke pastoor se nagmerrie. Hy was negatief, wou nie enige iets glo wat enige iemand sê nie en dit het altyd gelyk asof hy die beker half leeg sien. Tog het Jesus hulle gekies. Hy was lief vir hulle. Hy was toegewyd aan hulle. Vir drie jaar het hulle Hom misverstaan en die verkeerde motiewe gehad, maar Jesus het nie opgegee met hulle nie. Op die ou einde het sy liefde hulle verander en hulle het die wêreld verander.


As ons wil kyk na sommige ander karakters in die Bybel, dink hieroor: Noag was dronk, Abraham was te oud, Isak was 'n dagdromer, Jakob was 'n leunaar, Lea was lelik, Josef is mishandel, Moses het gestotter, Gideon was bang, Simson was 'n flirt, Ragab was 'n prostituut, Jeremia was te jonk, Dawid was 'n egbreker en 'n moordenaar, Elia het selfdoodneigings gehad, Jesaja het kaal gepreek, Jona het van God af weggehardloop, Job het bankkrot geraak, Petrus het Jesus verloën (drie keer!), die dissipels het aan die slaap geraak terwyl hulle gebid het, die Samaritaanse vrou was geskei (en heel moontlik 'n seksverslaafde), Saggeus was te klein, Paulus het Christene vermoor, Timoteus het waarskynlik 'n maagseer gehad en Lasarus was dood! As God 'n dooie man kan gebruik, kan Hy ons ook gebruik.


As dit waar is dat God se "krag tot volle werking kom in swakheid," dan moet dit beteken dat God se krag nie in volle werking kom in ons sterkte nie. Hoekom? As ons ons eie swakheid ken vertrou ons op sy krag. Dit is hoekom God vreugde daarin vind om mense te help wat weet dat hulle swak is. Jy hoef dus nie te wag tot jy uitgesorteer, heel en volwasse is of totdat jy die Bybel van voor tot agter ken nie, vir God om jou te gebruik nie. God kan jou nou gebruik. Hy sal jou uitsorteer, genees en heelmaak in die proses.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Supernatural

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se ger...

More

Ons wil graag vir Mike Pilavachi, Andy Croft en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/everyday-supernatural/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid