Leesplan inligting

Elke Dag BonatuurlikVoorbeeld

Everyday Supernatural

DAG 5 VAN 7

Moeiliker As Wat Dit Nodig is om Te Wees

'n Vriend van ons, Debby Wright, lei die Vineyard beweging in die VK saam met haar man John. Sy is wonderlik daarmee om uit te reik en vir mense te bid. Een van die redes hoekom ons haar so bemoedigend vind is omdat sy dit so normaal laat lyk en so doenbaar!


Omtrent nege maande voor die tyd van skryf, het Debby gegaan om 'n pakkie by 'n buurvrou, Emma, te gaan haal. Hulle het nog nooit ontmoet nie, so sy het haarself voorgestel en hulle het bietjie gesels. Debby het teruggegaan huis toe en gaan sit om haar stiltetyd te hou. Terwyl sy gaan sit het, het sy gevoel wat sy beskryf as 'n "flikker" of 'n "skoenlapper" en die woorde: "sooibrand". Sy het gedink Dit moet vir Emma wees. Na bietjie beraadslaging — dit is maklik om nie aandag te gee aan hierdie dinge nie — het sy besluit om terug te gaan en te vra. Sy het die voordeurklokkie gelui en toe haar buurvrou die deur oopmaak het sy gevra: "Haai Emma, ek het teruggekom want ek is 'n Christen en partykeer praat Jesus met my. Ek het so pas 'n indruk gekry en die woord "sooibrand". Is dit iets wat jy het?" Emma was verbaas en het gesê dat sy het. Sy het verduidelik dat sy op pille was vir die kondisie en dat daar 'n hele paar kosse was wat sy nie kon eet nie. Toe Debby aanbied om vir haar genesing te bid het Emma haar ingenooi.


Debby het 'n hand op Emma se maag gelê. Sy het die Heilige Gees genooi maar het nie lank gevat nie en sy het met die kondisie gepraat. Sy het die sooibrand beveel om op te hou en vir Emma se liggaam om ontvanklik te raak vir die kosse waarop dit gereageer het. Dit het nie meer as 'n paar minute geneem nie. Na die tyd, het Debby vir Emma gesê dat sy seker maak sy los nie enige medikasie nie, maar voorgestel dat sy 'n paar verskillende kosse probeer en dat sy die dokter besoek as sy enige verbetering opmerk. Sy het gesê: "Baie dankie dat ek vir jou kon bid," en toe het sy gegaan.


Debby het nie vir Emma gesien vir 'n paar maande nie en toe een dag was daar 'n klop aan die deur. Dit was Emma. Sy het geglimlag terwyl sy sê: "Jy gaan dit nie glo nie," (waarop Debby geantwoord het: "Ek dink ek sal"), "Ek het alles geëet wat ek wou eet. Ek is nou van die medikasie af. Ons kom nou net van 'n alles ingesluit vakansie af en ons het alles geëet. Ons het altyd na self-sorg toe gegaan want ek moes spesiale kos eet. Nou is ek heeltemal beter. Wat ook al jy gedoen het, een van daardie "indrukke" waarvan jy gepraat het, as jy dit ooit weer kry, moet jy dit vir ander mense ook doen." Debby het gesê: "Ek het niks gedoen nie. Dit was die krag van Jesus." Sedert daardie tyd het hulle 'n paar keer ontmoet. Emma is nog nie 'n Christen nie, maar sy is op 'n reis.


Albei van ons word geïnspireer deur mense soos Debby. Ons voel minderwaardig en onsuksesvol wanneer dit kom by krag evangelisasie. Ons kom egter agter dat ons dit moeiliker maak as wat dit nodig het om te wees. Ons het besluit om uit te reik en te bid vir die mense wat ons ken en om te groei om te bid vir die mense wat ons nie ken nie. Debby en ander demonstreer dat as ons foute maak, of die persoon het nie gesond geword nie, kan die koninkryk nog steeds bevorder word. Mense is omtrent altyd aangeraak as ons aanbied om te bid.


Ons is Jesus se ambassadeurs. Hy stuur ons uit om sy koninkryk te bevorder. Ons gaan met sy outoriteit en saam met die Heilige Gees. Laat ons groei tot volgers wat die koninkryk verkondig en wat die koninkryk demonstreer. Laat ons die een wees wat aanbied om te bid.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Everyday Supernatural

Elke dag Bonatuurlik ontdek hoe die Gees-bemagtigde lewe vir elke Christen lyk. God se bedoeling vir elkeen van ons is om doelbewus staat te maak op die Heilige Gees en om bonatuurlike gawes te gebruik as elke dag se ger...

More

Ons wil graag vir Mike Pilavachi, Andy Croft en David C Cook bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/everyday-supernatural/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid