Leesplan inligting

My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

DAG 9 VAN 10

DIE GETUIENIS VAN DIE GEES


Ons loop gevaar om ’n onderhandelende gees teenoor God te openbaar wanneer ons na Hom toe kom. Ons wil die getuienis van die Gees in ons binneste ervaar voordat ons doen wat God ons aansê om te doen.


Waarom openbaar God Hom nie aan jou nie? Hy kan nie. Dit is nie dat Hy nie wil nie, maar Hy kan nie, omdat jy die hele tyd in die pad is en jouself nie aan Hom wil onderwerp in algehele oorgawe nie. Tog, die oomblik wanneer jy dit doen, getuig God dadelik teenoor Homself in jou; Hy kan nie teenoor jou getuig nie, maar Hy bevestig Homself onmiddellik in jou. Indien jy die getuienis van die Gees sou ontvang voor die realiteit en waarheid wat op gehoorsaamheid volg, sou dit in blote sentimentele emosie ontaard. Maar wanneer jy op die basis van versoening optree, en die respeklose gekibbel met God laat staan, sal Hy onmiddellik sy bevestiging gee. Sodra jy jou eie redenasies en argumente laat staan, sal God getuienis gee van wat Hy gedoen het, en jy sal heeltemal verbaas staan oor jou algehele gebrek aan eerbied om Hom te laat staan en wag. As jy debatteer of God van sonde kan verlos of nie, laat Hom dan óf toe om dit te doen óf sê vir Hom Hy kan dit nie doen nie. Moenie hierdie of daardie persoon vir Hom aanhaal nie. Gehoorsaam eenvoudig die opdrag in Matteus 11:28 “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is … ” Kom as jy moeg is en vra as jy weet dat jy boos is (vgl. Luk. 11:9-13).


Die Gees van God getuig oor die verlossing van ons Here Jesus, en oor niks anders nie. Hy kan nie teenoor ons rede getuig nie. Ons is geneig om die eenvoud van ons rasionele besluite te verwar met die getuienis van die Heilige Gees, maar die Gees getuig slegs oor sy eie natuur en die verlossingswerk, en nooit oor ons rede nie. As ons Hom probeer dwing om ons rede te bevestig, moet ons nie verbaas wees as ons in die duister en onsekerheid rondtas nie. Gooi alles oorboord, vertrou op Hom en Hy sal jou die bevestiging van sy Gees gee.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou a...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid