Leesplan inligting

My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

DAG 1 VAN 10

KOM ONS BEPAAL ONS BY DIE EEN SAAK


My allerbeste vir Sy Hoogste. Dit is my vurige verlange, en daarna sien ek uit, dat ek niks sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie … (Fil. 1:20). Ons sal sekerlik almal beskaamd staan as ons nie al die terreine van ons lewe aan Jesus toegewy het wat Hy van ons gevra het nie. Dit is of Paulus vir ons wil sê: “My vooropgestelde doel is om my allerbeste te wees vir Sy Hoogste offer – my allerbeste tot sy eer.” Om hierdie vlak van vasberadenheid te bereik berus op ’n wilsbesluit; daar kan nie daaroor geredeneer of gedebatteer word nie. Dit is om by die punt te kom waar jou wil absoluut en onherroeplik aan God oorgegee word. Dit is dikwels ’n te hoë selfdunk en ’n oormaat selfsug wat ons daarvan weerhou om so ’n wilsbesluit te neem, hoewel ons dit probeer verdoesel deur voor te gee dat ons ander mense in ag neem. Wanneer ons egter die prys wat ander vir ons gehoorsaamheid sal betaal as verskoning voorhou, sê ons eintlik vir God dat Hy nie weet wat ons gehoorsaamheid behels nie. 


Moenie van die punt afdwaal nie – Hy weet presies. Sluit elke ander gedagte uit en wy jou aandag onverdeeld aan hierdie één saak voor God: my allerbeste vir sy hoogste. Wees vasbeslote om onverdeeld en in totaliteit aan Hom – en Hom alleen – te behoort.


My onkeerbare ywer vir sy heiligheid. “Of ek lewe en of ek sterwe, dit maak geen verskil nie!” (vgl. Fil. 1:21). Paulus was vasberade dat niks hom daarvan sou weerhou om presies te doen wat God van hom verwag nie. Ongelukkig is dit waar dat daar dikwels eers ’n krisis in ons lewe moet ontstaan voordat ons sal kies om die wil van God onvoorwaardelik te soek. Dit is so omdat ons geneig is om nie te reageer wanneer Hy sagkens met ons werk nie. Wanneer Hy ons by die plek bring waar Hy vra dat ons ons allerbeste vir Hom moet gee, redeneer ons eers daaroor. Deur sy voorsienigheid bewerk Hy dan ’n krisis in ons lewe en word ons gedwing om te besluit: vír of téén Hom. Daardie krisismoment word dan ’n kruispad in ons lewe. 


Wanneer jy jouself op enige terrein in ’n krisissituasie bevind, gee jou wil aan Hom oor, onvoorwaardelik en onherroeplik.




Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou a...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid