Leesplan inligting

My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

DAG 7 VAN 10

“JA, MAAR … !”


Veronderstel dat God van jou verwag om iets te doen wat ’n geweldige toets vir jou “gesonde oordeel” is, iets wat totaal daarteen indruis. Wat sal jy doen? Sal jy huiwer? As jy in die gewoonte kom om iets fisieks te doen, sal jy in die gewoonte volhard totdat jy dit deur suiwer vasberadenheid verbreek. En dieselfde is waar op geestelike vlak. Jy sal weer en weer by die punt kom om te doen wat Jesus verwag, om elke keer weer weg te draai by die punt waar jy werklik getoets word, totdat jy vasbeslote jouself onvoorwaardelik aan God onderwerp. Tog is ons geneig om te sê: “Ja, maar veronderstel ek gehoorsaam God in hierdie saak, wat dan van … ?” Of ons sê: “Ek sal doen wat God van my vra, mits dit net nie indruis teen my gesonde rede nie, solank ek net nie ’n tree in die donker moet waag nie.”


Jesus verwag van dié mens wat sy vertroue in Hom gestel het, om dieselfde onbevange, avontuurlustige gees te openbaar as die natuurlike mens. Indien iemand ooit iets sou wou doen wat die moeite werd gaan wees, sal daar tye kom wanneer hy alles sal moet waag en ’n sprong in die donker maak. In die geestelike dimensie vereis Jesus Christus dat jy alles waaraan jy vashou, moet waag en ook dié dinge waaraan jy klou met jou gesonde verstand moet prysgee. Jy moet in geloof die sprong maak en doen wat Hy sê. As jy eers gehoorsaam, sal jy onmiddellik vind dat alles wat Hy sê net so konsekwent is as gesonde oordeel.


Wanneer Jesus se stellings aan ons gesonde verstand getoets word, mag dit miskien na dwaasheid klink, maar wanneer jy dit aan die toets van geloof sou onderwerp, sal die bevindings jou gees vul met die ontsagwekkende feit dat dit in werklikheid God self is wat gepraat het. 


Vertrou volkome op God. Wanneer Hy jou voor nuwe avontuurgeleenthede te staan bring, en dit vir jóú aanbied, maak seker dat jy dit aanvaar. Wanneer ons in ’n krisis kom, tree ons op soos heidene, en daar is altyd net een uit die massa wat waaghalsig genoeg is om sy geloof in God se karakter te belê.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou a...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid