Leesplan inligting

My Allerbeste Vir Sy HoogsteVoorbeeld

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

DAG 4 VAN 10

ONS BEDENKINGE OMTRENT JESUS


Het jy al ooit vir jouself gesê: “Ek is werklik beïndruk met al die wonderlike waarhede in God se Woord, maar Hy kan tog sekerlik nie van my verwag om volgens daardie standaard te lewe en al dié fyner punte in my lewe te verwesenlik nie”? 


Wanneer ons Jesus Christus wil konfronteer op grond van sy kwaliteite en vermoëns, weerspieël ons ’n gesindheid van geestelike meerderwaardigheid. Ons dink Jesus se ideale is waardig en dit beïndruk ons, maar ons glo nie dat Hy in voeling is met die werklikheid nie; dat dit wat Hy sê, in der waarheid gedoen kan word nie. Elkeen van ons dink so omtrent Jesus op een of ander terrein van ons lewe. Hierdie twyfel of bedenkinge omtrent Jesus begin wanneer ons vrae oorweeg wat ons fokus van God af weglei. Wanneer ons vir ander vertel hoe Hy ons geroep het, vra hulle: “Waar gaan jy genoeg geld kry om van te lewe? Hoe gaan jy lewe en wie gaan vir jou sorg?” Ons twyfel ontstaan ook binne-in onsself wanneer ons vir Jesus vertel dat ons omstandighede net effens té moeilik is vir Hom. Ons sê: “Dis maklik om te sê ‘Vertrou op die Here’, maar ’n mens moet immers leef, en buitendien, Jesus het geen skepding om die water mee te skep nie, geen middel tot sy beskikking om vir ons hierdie dinge te gee nie.” En waak tog teen die vertoon van geestelike bedrog deur te sê: “O, ek twyfel nie in die minste aan Jesus nie, dis net aan myself dat ek twyfel.” Indien ons werklik eerlik is, moet ons erken dat ons nooit aan onsself twyfel nie, want ons weet presies waartoe ons in staat is. Maar ons het bedenkinge omtrent Jesus. En ons is gekrenk in ons trots wanneer ons net daaraan dink dat Hy dinge kan doen wat vir ons onmoontlik is.


My bedenkinge ontstaan wanneer ek in myself soek na maniere waarop Hy moontlik sal doen wat Hy sê. My twyfel ontspring uit die dieptes van my eie minderwaardigheid. Wanneer ek hierdie twyfel en bedenkinge in myself gewaar, behoort ek dit te erken en openlik te bely: “Heer, ek het bedenkinge omtrent U gehad. Ek het nie in u vermoë geglo nie, maar slegs in my eie. En ek het nie in u almagtige krag geglo nie, behalwe so ver as wat ek dit met my beperkte begrip kon verstaan.”

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

My Allerbeste Vir Sy Hoogste

Ons sê ons vertou op God, maar daar is tog soveel om ons oor te bekommer! Oswald Chambers deel ’n ander perspektief met ons: “Dink daaraan hoe onnodig en oneerbiedig dit is dat jy jou bekommer.” Sjoe! Oswald moedig jou a...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid