Leesplan inligting

VriendskapVoorbeeld

Vriendskap

DAG 19 VAN 43




'n Vriend wat Betroubaar is


Lees: Spreuke 11:13


SOAP: Spreuke 11:13


Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; ‘n betroubare mens bewaar ‘n geheim.





Oordenking


Een van die mees algemene strategieë van ons vyand, is om goeie gawes van God te neem en dit te verdraai tot instrumente van vernietiging. Skinder is so 'n verdraaiing, want dit neem die spesiale gawe van ‘n band wat tussen mense vorm deur stories te deel, en verander dit in 'n magtige krag om verhoudinge te vernietig. Baie van ons het al die band ervaar wat gevorm kan word as 'n groep vriende of kollegas skinder. Ons wil almal deel in die geheim en sappige inligting met 'n vriend deel. Skinder kan meer skade aanrig as wat ons besef. 


Verhoudinge is gebaseer op vertroue, en ons vernietig hierdie vertroue wanneer ons skinder. Ons benadeel ook verhoudinge met diegene saam met wie ons skinder, want ons toon dat ons nie vertrou kan word om ons vriende te eer nie. Vriendskappe wat op skinder gebou is, is lugspieëlings: dit lyk eg, maar dit verdwyn sodra ons probeer om daarop te vertrou. Ware vriendskappe vereis die wete dat ons op mekaar kan staatmaak om ons private vrese en hoop vertroulik te hou, omdat ons die ander persoon genoeg liefhet om hul vertroue te prioritiseer bo die kortstondige opwinding van skinder. 


Gebed


Here God, spreek tot my hart die volgende keer wanneer ek in die versoeking kom om te skinder. Wys my hoe om ware en blywende vertrouensverhoudinge te bou. Amen. 




Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Vriendskap

Ons is geskep vir gemeenskap en vriendskap. God het die mensdom geskep in die konteks van 'n verhouding met Homself en met ander. Al lyk dit eenvoudig en pynvry om alleen deur die lewe te gaan, is ons bedoel om in gemeen...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid