Leesplan inligting

God se Pad na SuksesVoorbeeld

God’s Path to Success

DAG 3 VAN 3

Niemand beplan om te misluk nie. Alhoewel ons nie kan teruggaan en die foute in ons verlede uitvee nie, het ons die opsie om van hier af vorentoe suksesvol te wees. Ons kan begin of voortgaan met die reis om God se doel vir ons lewe te vervul.



God deel in Psalm 25:14 die geheim van 'n suksesvolle lewe met ons. Deur God se verbond te ken, ken ons sy goedheid en seëninge. Sy verbond is uitdruklik gekoppel aan sy beskerming. Onderwerp jouself aan God se heerskappy, gegrond op sy verbond, en jy sal geestelike sukses ervaar. 



Hierdie vers bevat egter ʼn voorwaarde; jy kan net God se verbond leer ken deur Hom te vrees. Daar is oorsaak en gevolg verbonde aan die bereiking van geestelike sukses. Dit gaan oor wat jy doen in verband met die eer en respek wat jy aan God en sy Woord betoon. Dit sal ʼn direkte impak hê op die vlak van geestelike sukses wat jy sal behaal. Jy kan God nie onteer in jou besluite en verwag om enige mate van koninkryksukses te behaal nie. Sukses begin met respek en gehoorsaamheid.



In watter fasette van jou lewe betoon jy nié genoegsame respek vir God nie?



Wat beteken dit om ʼn verbond met God te hê?



Ons hoop hierdie leesplan het jou aangespoor. Leer meer oor Tony Evans en "Kingdom Men Rising" hier.  


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God’s Path to Success

Almal is op soek na sukses, maar nie almal bereik dit nie. Dit is omdat hulle ʼn valse begrip het van wat dit beteken om ʼn suksesvolle lewe te lei. Om waarlik suksesvol te wees, moet jy God se definisie in gedagte hou van...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid