Leesplan inligting

God se Pad na SuksesVoorbeeld

God’s Path to Success

DAG 2 VAN 3

Op ʼn geestelike vlak vind ons sukses daarin om God se doel vir ons lewens te vervul. Dit is die Bybelse definisie van sukses. Vandag is daar in ons kultuur baie verkeerde beskrywings van wat dit beteken om suksesvol te wees. Sommige mense neem aan dat sukses afhang van hoeveel geld jy het. Ander baseer dit op hoe ver jy in jou loopbaan gevorder het. Deesdae mag dit ook gedefinieer word deur hoeveel mense jou op sosiale media volg. Die probleem met al hierdie aannames is egter dat hulle nie op God se standaard van sukses gebaseer is nie.



Jesus het vir ons die definisie van sukses gegee toe Hy gesê het: “Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen” (Johannes 17:4).



Paulus het dieselfde gesê, maar op ʼn ander manier, toe hy die volgende woorde geskryf het: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou” (2 Timoteus 4:7).



Om die waarheid te sê, God het vir Josua gesê dat sy sukses geheel en al gebaseer is op sy noukeurige meditasie oor die Woord van God en deur sy besluite en dade daarmee in pas te bring. (Josua 1:8). Sukses behels dat jy God se roeping vir jou lewe moet vervul.



Wat is jou persoonlike definisie van sukses?



Hoe vergelyk dit met God se definisie?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God’s Path to Success

Almal is op soek na sukses, maar nie almal bereik dit nie. Dit is omdat hulle ʼn valse begrip het van wat dit beteken om ʼn suksesvolle lewe te lei. Om waarlik suksesvol te wees, moet jy God se definisie in gedagte hou van...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief https://tonyevans.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid