God se Pad na Sukses

Dag 1 van 3 • Vandag se leesstuk

Oordenking

Baie mense visualiseer nie sukses soos dit werklik is nie. Hulle soek na vuurwerke, glans en ʼn groot dawerende applous. Ons vermaaklikheidsbedryf en sosiale media, saam met professionele sport, het ʼn onrealistiese beeld geskep van wat dit beteken om as mens suksesvol te wees. Ongelukkig veroorsaak hierdie onwerklike verwagtinge dat ons ware sukses misloop wanneer dit ons pad kruis. Dit kan ook veroorsaak dat ons nie die sukses geniet wat ons wel bereik het nie. Omdat ons dit nie herken nie, jaag ons net die volgende groot ding na. Dan die volgende en die volgende. Ons bevind onsself in die posisie dat ons rondtol in die gejaag na wind. 



Omdat ons in ʼn gebroke wêreld leef, gevlek deur sonde en die uitwerking daarvan, kan baie van die mylpale van sukses in ons lewens soos antiklimakse lyk wanneer ons dit bereik. Tensy ons die aard van geestelike sukses verstaan, kan ons eindeloos op reis wees op soek na iets wat al klaar aan ons geskenk is. Sonder ʼn deeglike begrip van koninkryksukses, sal ons nie weet hoe om ons tyd, talente en skatte te gebruik nie. Wat jy ook al saai sal bepaal wat jy oes. Die Satan beïnvloed ons dikwels om in die verkeerde dinge te saai omdat ons verkeerd verstaan hoe opregte sukses lyk. 



Wat is die vernaamste drie dinge of visies waarin jy oor die afgelope paar jaar gesaai het?



Wat was die resultate daarvan en het dit in God se agenda vir sy koninkryk ingepas?