Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

The Armor of God

DAG 4 VAN 5

Regdeur die geskiedenis van oorlogvoering is een van die voorbeelde van 'n taktiese strategie om die opponente onkant te betrap, die gebruik van vlammende pyle. Die idee was dat die vlammende pyle die seil wat 'n wa bedek, of die tente van die soldate aan die brand sou steek, en alles in vlamme laat opgaan. 



Dit was baie doeltreffend. As genoeg van daardie pyle genoeg van die teikens bereik het, het dit die militêre linies ontwrig, aangesien die fokus dan was om die vlamme te blus voordat dit al hulle toerusting en voorrade vernietig het. eerder as om die aanvallende vyand te beveg. 



Die vlammende pyle se hoofdoel was dus nie om dood te maak of te verwoes nie; dit was bedoel om die aandag af te lei. 



Suster, jou vyand wil jou aandag aflei, sodat hy jou onverwags kan betrap. Luister ook hier — hy vuur hierdie pyle nie blindelings af nie. Sy strategie is afgerond. Hy het jou neigings en gewoontes, jou diepste vrese en swakhede fyn bestudeer en korrel doelbewus na daardie areas. Hy weet hy kan jou nie vernietig nie, want in Jesus is jy vir ewig veilig. Tog is hy vasberade om jou aandag af te lei deur 'n klomp vure in jou lewe aan die brand te steek — soos onsekerheid, vreesagtigheid, angstigheid, bekommernis of bedrywigheid. Hy wil hê jou aandag moet afgelei wees wanneer hy jou van agter bekruip. 



In Efesiërs 6 gebruik Paulus die gordel, borsharnas en skoene as 'n geestelike uniform wat gelowiges te alle tye moet dra. Minuut-na-minuut en dag-na-dag. Hy beveel ook dat die skild van geloof "opgeneem" moet word. 



Kyk so daarna: Die drag wat 'n verpleegster werk toe dra, is haar uniform. Tog gebruik sy 'n stetoskoop, bloeddrukmeter of ander instrumente soos sy dit vir haar pasiënte nodig kry. Ons moet op dieselfde manier altyd ons daaglikse, Godgegewe uniform dra, maar ook gereed wees om die ander "op te neem" wanneer dit nodig is. 



Die eerste wapen in ons wapenrusting, is die skild van geloof. Die oomblik wat ons bewus word van 'n brandende pyl wat ons lewens op die een of ander manier binnedring, moet ons geloof as 'n skild aktiveer om ons lewens te beskerm. 



Let op na die ironie: die vyand stuur sy brandende pyle in jou lewe, juis wanneer jy geroepe is om in geloof te wandel. Daardie pyle is om jou doelbewus onbekwaam te maak om die een ding te doen wat die krag het om hulle te blus: om in geloof te wandel! Geloof blus vurige pyle. 



Wat vra God jou om te doen? Doen dit! In geloof.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Armor of God

Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou belangrik is, amok te maak: in jou hart, denke...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/armor-of-god?vid=armorofgod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid