Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

The Armor of God

DAG 3 VAN 5

'n Romeinse soldaat het sy "heupe omgord" met iets soos 'n lyfband of gordel. (Seker soos vir 'n man). Die meeste geleerdes stem saam dat die belangrikste deel van die soldaat se uitrusting juis sy gordel was — beslaan met ingewikkelde versierings en deftige gespes — wat die soldaat van 'n gewone burger onderskei het. Dit was beslis nie 'n opsionele of ekstra bykomstigheid soos wat ek en jy by 'n uitrusting sou voeg nie. Dit was 'n strategiese deel en die hoof-fokuspunt van sy kleredrag. Dink byvoorbeeld aan die wye rugstut wat werkers om hul middels vasgespe wanneer hulle swaar pakkies dra. Hierdie stewige leergordel van die Romeinse soldaat het om sy bolyf gepas sodat dit die nodige ondersteuning kon bied wanneer hy vinnige en veeleisende oorlogsbewegings moes uitvoer. 



Die waarheid is jou ondersteuning. Dit verskaf aan jou die noodsaaklike ondersteuning wat jy midde in 'n geestelike oorlog nodig het. 



Onthou, die oorkoepelende oogmerk van die vyand is misleiding. Hy kleur die werklikheid in met aanloklike en verleidelike kleure om ons van ons swart en wit beginsels te verlei. Hy bevorder lugkastele, wat veroorsaak dat tydelike en onbeduidende dinge op een of ander manier uiters waardevol en gunstig lyk. Sy verpakking is so slim gedoen dat, tensy ons weet wat die waarheid is — ek bedoel nou, werklik ten diepste weet — kan ons baie maklik in sy valstrik trap. 



Die waarheid — dit wat God se mening oor enige saak is — is ons standaard. God self is die waarheid en ook dit wat Hy sê is waarheid, wat ten beste vir ons in die Persoon, Jesus Christus, opgesom is. 



God se waarheid. Bybelse waarheid. Sonder die vaste vertroue in en oortuiging van hierdie waarheid — regte waarheid — is jy swak en ontvanklik vir dinge wat dalk reg lyk en klink, maar eintlik glad nie is nie. Wanneer jy die waarheid as die standaard aanvaar, kan jy alle dinge in jou lewe daarby aanpas — jou ambisies, keuses, gevoelens, denke, wil en emosies — totdat alles mooi in lyn is. Wanneer jy dus 'n sterk, stabiele, goed-ondersteunde kern het, kan jy nie maklik deur die vyand se slim leuens van koers af gelei word nie. Gordel jouself vas met die waarheid, dan sal jy van die staanspoor af paraat wees. 



Jy sal voor die ware toets te staan kom wanneer die ideale en wêreld se wyshede in ons kultuur in die teenoorgestelde rigting swaai, maar jy nogtans kies om vas en sterk te staan op die onveranderlike standaard van God. Die tyd het aangebreek dat ons vroue word wat met die waarheid omgord is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Armor of God

Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou belangrik is, amok te maak: in jou hart, denke...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/armor-of-god?vid=armorofgod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid