Leesplan inligting

Die Wapenrusting van GodVoorbeeld

The Armor of God

DAG 1 VAN 5

Daardie dinge in die lewe wat ons die meeste ontstel — dinge wat jy met jou fisieke sintuie waarneem — is nie jou eintlike probleem nie. Alles wat in die sigbare, fisieke wêreld plaasvind, is direk gekoppel aan die worsteling wat in die onsigbare, geestelike wêreld gevoer word. Jou ware vyand — die duiwel — wil hê jy moet die geestelike werklikheid ignoreer wat agter die fisieke een verbloem is. Solank jy konsentreer op die dinge wat jy fisiek kan sien, kan hy ongehinderd onder die oppervlak hoogty vier. Hoe minder jy van hom kennis neem, hoe meer vryheid het hy om jou skade te berokken. Die vyand is dalk onsigbaar, maar hy is nie denkbeeldig nie. Hy is baie werklik en baie vasberade in die oorlog wat hy voortdurend teen ons voer.



Om 'n gelowige te wees, vrywaar jou nie van die vyand se aanslae nie, maar dit gee jou wel toegang tot die krag van die Vader — sy krag om jou te verdedig, en ook die dinge wat aan jou gedoen is, ongedaan te maak. As jy die geveg wil wen — as jy saam met my dinge 'n onverwagse wending wil laat neem deur die vyand vas te pen en sy verlammende uitwerking in jou lewe te keer — is die sleutelpunt om te besef dat jy meer geestelike spierkrag tot jou beskikking het as wat teen jou ontplooi word.



Paulus het nie net aan die Efesiërs geskryf om hul aandag op die geestelike oorlog te vestig wat in die onsigbare, onsienlike sfeer gevoer word nie, maar grootliks met die doel om die aangebore krag te onthul wat in elke mens is wat, deur Christus, in 'n verhouding met God is. In Efesiërs beklemtoon Paulus een van die belangrikste fasette in ons geestelike wapenrusting, wat dikwels oor die hoof gesien word: gebed.



Paulus beskou gebed as van soveel kritiese belang om oorwinning oor die Satan se mag in ons lewens te behaal, dat 'n geleerde opgemerk het: "Efesiërs het in verhouding meer as 55% verse wat direk aan gebed verwant is" as Romeine, wat Paulus se langste brief is. Hy trek telkemale los in gebed terwyl hy skryf. Wanneer Paulus bid … glo my, dan is hy strategies en vertel aan sy lesers presies waarvoor hy bid. Hy het geweet dat gebed die vermoë het om die koers van hulle hele lewens te verander. Oorwinning in geestelike oorlogvoering is onafskeidbaar van gebed.



Lees Efesiërs 1:18-21 en 3:14-19. Watter van al die dinge waarvoor Paulus bid, het jy vandag die nodigste om vir God te vra? 







Geneem uit:



1. James E. Rosscup, “The Importance of Prayer in Ephesians,” The Master’s Seminary Journal, Volume 6, Number 1 (Spring 1995), 58.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Armor of God

Elke dag woed 'n onsigbare oorlog om jou — jy hoor en sien dit nie, tog voel jy dit in elke faset van jou lewe. 'n Vasbeslote, duiwelse vyand probeer om in alles wat vir jou belangrik is, amok te maak: in jou hart, denke...

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/en/product-family/armor-of-god?vid=armorofgod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid