Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Bouncing Back From Disappointment

DAG 7 VAN 7

Ek het 'n boek gelees wat deur 'n voormalige Amerikaanse soldaat, nou 'n Bybelonderwyser, geskryf is. Hy gee kragtige raad oor hoe om na die mees ontmoedigende oomblikke in ons lewens te herstel. In een hoofstuk beskryf hy 'n tyd in sy loopbaan toe hy in 'n vertrek 'n man in die oë gekyk het wat hy geweet het sy vyand was. Sy bajonet was die enigste wapen wat hy byderhand gehad het. In hierdie vreesaanjaende oomblik verduidelik hy hoe hy oorleef het nadat hy die ander man se lewe gewelddadig geneem het. Hy gaan voort om die jare van pyniging, spyt, skuldgevoelens en bitterheid te beskryf wat op daardie oomblik gevolg het.

Hoe het hy dus tot so 'n mate herstel dat hy hierdie boek kon skryf wat soveel ander bemoedig wat met diepgewortelde moedeloosheid worstel? Deur te leer hoe om in vredestyd krag te kry sodat hy vir die oorlog gereed kan wees. Kom ons wees eerlik; wanneer ons midde-in 'n groot stryd is, is dit soos oorlog! Die vyand vind 'n manier om allerhande onaangename mense, verantwoordelikhede, gebeure en gedagtes op ons te stapel wanneer ons platgeslaan is. Ons verloor stryd na stryd, en roep uit tot God: "Waarom?" Sy antwoord is duidelik: omdat ons ons kragbron tydens vredestyd laat opdroog het en nou betaal ons daarvoor te midde van die stryd!

Daarom is dit noodsaaklik om daagliks op ons knieë te wees en die Woord van God te lees, veral wanneer dinge glad verloop. Ons is almal lees- en gebedskrygers wanneer dinge rof raak, maar ons het 'n manier om daardie ywer te verslap wanneer alles weer onder beheer is. Kom ek bemoedig jou vandag; wanneer jy deur 'n tydperk van beloning, oorwinning en vrede gaan, is DIT die tyd om op jou knieë en met jou Bybel besig te wees, en jou hart en verstand te vul met die beloftes van God wat jou deur die volgende stryd sal dra.

As hierdie oordenking vir jou van waarde was, sal Tony Evans se preek, “Stop It! No More Worry” aan jou 'n dieper insig gee hoe om te herstel.  Besoek gerus: http://go.tonyevans.org/no-more-worries

Aangaande hierdie leesplan

Bouncing Back From Disappointment

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.

More

Baie dankie aan Dr. Tony Evans wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.TonyEvans.org