Herstel van TeleurstellingVoorbeeld

Daar is 'n ou gesegde van onbekende oorsprong, wat praat van 'n man wat in 'n gat geval het en nie daaruit kon kom nie. Hy skreeu om hulp, en na 'n lang wag, stap daar uiteindelik 'n man verby. Toe die man die pleidooi van die een in die gat hoor en sy penarie sien, sê hy net vir hom hy moet homself optel en 'n uitweg op sy eie vind, en stap toe weg.
Daarna stap ’n heilige man verby en hoor ook die man in die gat se desperate krete. Hy bied aan om vir hom te bid. Hy glo hy sal sy uitweg vind en stap toe verder. Uiteindelik stap 'n gewone man by die gat verby en sien ook die omstandighede. Hy luister na die man se pleidooi om hulp. Sonder waarskuwing, spring die gewone man toe ook in die gat. "Hoekom het jy dit gedoen?" vra die eerste man. Die gewone man antwoord: "Omdat ek al voorheen in hierdie gat was, en ek ken die weg uit."
Jesus Christus is so 'n man. Volgens die Bybel is Jesus die Seun van die lewende God, maar Hy is self ook God. Tog, in Johannes 1:14, lees ons van hierdie Seun van God: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon ..." Hy het homself "gestroop" van sy Goddelikheid en die sterflikheid van mense aangeneem om die frustrasie van versoeking en die angs van die dood self te ervaar.
Hoekom?
Sodat ons 'n opregte Advokaat kan hê wat vir ewig vir ons intree. Een wat ten volle verstaan waardeur ons gaan en Een wat die uitweg ken.
As jy dus voel asof jy deur een of ander beproewing in 'n gat geval het waaruit jy nie uitkoms kan sien nie, wees bemoedig dat daar 'n Advokaat is wat namens jou intree en wat presies weet waardeur jy gaan. Hy is toegewyd om jou uit daardie gat te help.
Aangaande hierdie leesplan

Die lewe het 'n manier om ons op ons knieë te dwing. Of dit nou deur die verlies van 'n werk is, of 'n finansiële situasie of 'n verhouding wat verbreek is. Elkeen van ons weet hoe mislukking voel. Om te weet hoe om uit hierdie stryd op te staan is noodsaaklik indien ons God se volkome voorsiening en genade wil ervaar. In hierdie leesplan voorsien Dr. Evans ons van 'n Bybelse fondament vanwaar ons kan leer hoe om hierdie teleurstellings in ons alledaagse lewe te oorkom.
More