Leesplan inligting

Gewoontes van HeiligheidVoorbeeld

Habits of Holiness

DAG 7 VAN 7

Een Tree op 'n Slag  



Ons het die afgelope paar dae gepraat oor hoe dit lyk om te lewe as heilige mense wat geroep is om ons heilige God te verteenwoordig. Hierdie is baie belangrik: onthou wie jy is, kies gehoorsaamheid, toon berou en bewys genade — dit is ook nie eenmalige dade nie. Byvoorbeeld: Ek het daardie super frustrerende kind gister by die skool vergewe, dus is ek 'n goeie persoon, nie waar nie? Wel, dit is 'n goeie eerste stap, maar moenie daar ophou nie! “Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het" (Efesiërs 4:1), om tree vir tree vir tree saam te snoer terwyl ons saam met Jesus wandel. Met ander woorde, ons moet 'n paar gewoontes aanleer. So, wat is 'n gewoonte? ’n Gewoonte is iets wat jy gereeld doen, nie net af en toe nie. Dit is 'n manier van optrede, 'n ritme, iets wat amper onwillekeurig word.



Wat sal gebeur as gehoorsaamheid amper onwillekeurig word? Wat as daardie versoekings wat so oorweldigend lyk, verminder kan word deur klein, gereelde keuses wat vandag gemaak word? Stel jou die nabyheid voor wat jy in jou verhouding met God kan ervaar as jy in die gewoonte sou kom om jou na Hom te wend in oomblikke van berou, in plaas daarvan om vir Hom weg te kruip. Dit is gewoontes. 



Paulus, 'n aangrypend effektiewe sendeling en leier, het besef hoe maklik dit vir ons is om iets te hoor, daarmee saam te stem, te dink dis 'n goeie idee, en selfs 'n paar treë daarheen te neem, maar nooit enige resultate te lewer nie. In plaas daarvan, vergeet ons dat ons deur ander dinge van die spoor afdwaal, en daardie dinge trek ons ​​in ander rigtings. Goeie vrugte word deur gereelde sorg en optrede oor 'n tydperk geproduseer.



Ons het almal gehoor van die persoon wat nie iets aan die groei kan kry nie. Soos die teenoorgestelde van "groen vingers". Gewoonlik is dit omdat hulle tot 'n mate verstrooid is. Hulle vergeet om hul plante nat te lei of los potplante in gure weer buite en dan oorkompenseer hulle. Hulle gee die plante te veel water of stel hulle vir lang tye bloot aan baie intense lig. En wat gebeur? Hul klein plantjies verdrink of verskroei. Dit is presies wat met ons goeie bedoelinge gebeur. Ons probeer iets vir 'n rukkie, vergeet of verbrou dit, en oorkompenseer dan. Dit lei daartoe dat dinge doodgaan, nie floreer nie. 



Hoe skep ons gereelde optrede? Ons hou op probeer en begin oefen. Dit is wat Paulus te sê gehad het:



"Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie" (1 Korinthiërs 9:24-26).

Ons hardloop met doelgerigtheid in elke tree. Daar is vasbeslotenheid in wat ons vandag doen, want dit bepaal wat ons môre in staat is om te doen. Ons neem vandag die eerste tree om versoekings uit te skakel, sodat ons môre vryheid en intimiteit kan geniet. Ons het berou, bring ons verkeerde keuses na God en vra ander mense vandag om vergifnis wat môre tot gesonder, sterker verhoudings lei. Ons toon vandag genade, wat dalk môre iemand se oë kan oopmaak om te sien wie Jesus is. Dit is hoe dit lyk om as heilige mense in ons gewone lewens en verhoudings te leef! Ons is nie net besig om denkbeeldige situasies uit te werk nie. Ons lewens is die gevolge van hierdie daaglikse besluite, hierdie doelgerigte stappe, hierdie gewoontes van heiligheid



Moet dus nie nou ophou nie! As jy regtig goeie gewoontes wil kweek, maar geneig is om te sukkel om besluite deur te voer, kyk na Pastoor Craig se boodskapreeks, "Great Reward". Hy verskaf soveel praktiese wenke wat ons kan help om te kies wat ons die graagste wil hê ('n heilige lewe en 'n romantiese/seksuele verhouding wat tot verheerliking van God is), bo dit wat ons nóú wil hê. 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Habits of Holiness

As volgelinge van Jesus word ons geroep om as heilige mense te lewe om sodoende ons heilige God te verteenwoordig. Heiligheid is nie 'n towerbestemming waar ons moet uitkom nie, maar die identiteit waaruit ons kan lewe. ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid