Leesplan inligting

Gewoontes van HeiligheidVoorbeeld

Habits of Holiness

DAG 3 VAN 7

Asof die Wêreld tot 'n Einde Gaan Kom



Wanneer ons regtig vir Jesus sien, en wie Hy is, begin ons onsself sien soos ons werklik is. Daarom praat die skrywer van Spreuke voortdurend daarvan dat "die dien van die Here" ('n behoorlike, gesonde siening van God) die begin van kennis is. Sal ons nie almal graag meer daarvan wil hê nie? Ja asseblief. Ek wil weet wat om te doen en hoe om te reageer — om met selfvertroue in enige situasie te kan instap. Maar hoe? Wanneer ons weet wie ons is, sal ons weet wat om te doen. 


Herinner jouself dikwels aan jou identiteit in Christus — wie Hy sê jy is. Kyk na hierdie lysie van wat Jesus baie duidelik oor jou sê:




  • Jy is sy handewerk (Efesiërs 2:10 NLV).

  • Jy is kosbaar in sy oë (Jesaja 43:4).

  • Hy het jou lief met 'n liefde wat nooit ophou nie (Jeremia 31:3 NLV).

  • Hy is julle Vader en julle sy seuns en dogters (2 Korintiërs 6:18).

  • Sy gedagtes oor jou is wonderlik (Psalm 139:17).

  • Deur Hom is ons meer as oorwinnaars (Romeine 8:37).


Stel jou voor hoe dit sou lyk as ons optree asof daardie dinge waar is. Jy sien, ons gedrag vloei uit ons oortuigings voort. As jy geglo het dat die wêreld môre-oggend tot 'n einde gaan kom, sou jy al jou vriende skakel, jou gunstelingkos eet, na jou gunstelingplekke gaan, al die dinge sê wat jy tot nou toe bang was om te sê (soos die lied van Ben Rector sê) — jy weet, maak jouself gereed! Daar sal 'n dringendheid in jou wees. Omdat gedrag op geloof volg. 



Wat as jy dus glo jy is 'n kind van God, kosbaar en van onskatbare waarde in sy oë, met doodsveragtende krag in jou, goedheid wat jou navolg, en hoop wat jou veilig vooruitgaan? Bo alle twyfel sal jy weet dat om geliefd te wees nie gebaseer is op wat jy wil of nie wil doen nie, of op wat jy gedoen het of nie — dit is gebaseer op wie jy is. Dit is hoekom God jou sy geliefde seun of dogter noem. Wanneer jy jou waarde deur sy oë leer ken, wanneer jy weet wie jy regtig is, sal jy weet jy hoef nie te swig voor die seksuele druk wat iemand anders op jou plaas nie. Jy sal nie tevrede wees dat enigiemand, nie eens jyself, jou liggaam soos 'n gebruiksartikel behandel nie. Jy sal met nuwe helderheid in verhoudinge en situasies instap wat voorheen verwarrend kon wees. Want wanneer jy weet wie jy is, 'n heilige persoon wat geroep is om jou heilige God te verteenwoordig, sal jy weet wat om te doen.



Gewoonte 1: Onthou wie jy is. Herinner jouself, by elke geleentheid, wie jy in Christus is. As jy bang is, herinner jouself wie jy is. Wanneer jy nie weet wat om te doen nie, herinner jouself wie jy is. Begin die gewoonte vorm om jou identiteit te onthou, want dit is waar 'n heilige lewe begin. Skryf 'n paar identiteitsverklarings neer. Die lys hierbo sal jou met 'n begin help, maar dit skraap net die oppervlak van alles wat God sê jy is. Vir hulp met nog idees, kan jy na hierdie "three easy steps for writing your words to live by" kyk. Plaas hierdie lys iewers waar jy dit elke dag sal sien en lees dit hardop vir jouself voor. Binnekort sal jy jou stellings gememoriseer hê en daardie waarhede sal outomaties by jou opkom en jou besluite help bepaal.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Habits of Holiness

As volgelinge van Jesus word ons geroep om as heilige mense te lewe om sodoende ons heilige God te verteenwoordig. Heiligheid is nie 'n towerbestemming waar ons moet uitkom nie, maar die identiteit waaruit ons kan lewe. ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid