Leesplan inligting

Gewoontes van HeiligheidVoorbeeld

Habits of Holiness

DAG 5 VAN 7

Sê Jy Is Jammer!



Was jy al ooit in 'n bakleiery of het jy al iets gemeen aan 'n broer, 'n suster of 'n vriend gedoen, en jou ma het toe daarop aangedring het dat jy om verskoning vra? Jy voel nie noodwendig jammer nie, maar met moeite, die rol van jou oë en vol sarkasme vra jy om verskoning! Terwyl jou ma beslis goeie bedoelings met hierdie hele proses gehad het, moet jy jouself nie flous deur te dink dat jy berou het nie. 



Berou kan as 'n draai van 180 grade beskryf word; asof jy in een rigting beweeg en heeltemal omdraai om in die teenoorgestelde rigting te beweeg. Hierdie definisie beskryf 'n doelbewuste aksie en wat baie belangrik is, is dat dit nie 'n eenmalige praktyk is nie. 



Jy sien, berou is soveel meer as om sleg te voel as ons verkeerd opgetree het of om jammer te sê as ons iemand seergemaak het. Berou kan begin met daardie dinge, maar dit hou nie daar op nie. Berou is 'n radikale verandering van rigting. Ons draai nie net ons harte in die rigting van God nie, maar rig ook ons ​​optrede Godwaarts.



Dawid, Israel se befaamde koning, is “'n man na [God se] hart” genoem. Dit is ook hoe hy onthou word, ten spyte van die feit dat hy blatant egbreuk en moord gepleeg het! Hoe kan dit wees? Omdat Dawid in berou opgetree het, was hy bekend daarvoor dat hy in God se rigting beweeg het. Hy het hierdie gewoonte uitgeleef. Wat kan ons dus uit sy foute en sy gebede leer?



Eerstens sien ons dat ons in berou optree wanneer ons erken dat ons verbrou het: 



"Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus" (Psalm 51:4-5).


Berou vereis om te erken ​​wanneer ons verbrou het, maar nie om voor te gee ons is jammer net om iemand gelukkig te maak nie. Ons moet werklik skuld erken en om vergifnis vra. Weer eens demonstreer Dawid dit:



"Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit! Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig" (Psalm 51:11-12).

Dawid het die gevolge van sy besluite verstaan; hy het sy intieme verhouding met God in gevaar gestel deur te kies om sy eie begeertes te volg. Behalwe dat hy sy foute erken het, smeek Dawid God om hom te herstel en hul verhouding weer heel te maak. Hy vra om hulp, om volgehoue krag om vorentoe te kan beweeg terwyl hy hom daartoe verbind om te verbeter. Dit is hoe sy verbintenis lyk:   



"Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!" (Psalm 139:23-24).

Dawid se verbintenis om te verbeter, het bestendigheid en kwesbaarheid vereis. Hy het homself voortdurend oopgestel vir God en die Here toegelaat om enigiets uit te wys wat teenstrydig was met sy radikale verandering van rigting. En hierdie proses — om te erken dat ons verbrou het, om vergifnis te vra, en ons te verbind om te verbeter — dis hoe ware berou lyk.   



Gewoonte 3: Beoefen berou. Volg Dawid se voorbeeld en begin daagliks Psalm 139:23-24 te bid. Bid of skryf joernaal aantekeninge aan die einde van die dag en nooi God om vir jou te wys of daar enigiets verkeerd in jou is, enigiets wat nie heilig is nie, enigiets wat in jou pad staan om jou roeping uit te leef as 'n heilige persoon wat jou heilige God verteenwoordig. Mettertyd sal jy ontdek dat, deur berou te betoon oor die klein dingetjies, dit soveel makliker is om berou oor die groot dinge te betoon. Dit verg kwesbaarheid, maar dit lei tot groter intimiteit in jou verhouding met God en tot ryker, betekenisvoller verhoudings met ander. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Habits of Holiness

As volgelinge van Jesus word ons geroep om as heilige mense te lewe om sodoende ons heilige God te verteenwoordig. Heiligheid is nie 'n towerbestemming waar ons moet uitkom nie, maar die identiteit waaruit ons kan lewe. ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid