Leesplan inligting

Gewoontes van HeiligheidVoorbeeld

Habits of Holiness

DAG 1 VAN 7

Kerkwoorde



Heiligheid. Reinheid. Waarheen lei jou gedagtes as jy daardie woorde hoor? Dit is moontlik dat jy 'n paar vooropgestelde idees het oor hoe om rein en heilig te wees (wat dalk babas met stralekranse kan behels). Dit is 'n onrealistiese beeld. Ons leef immers in 'n samelewing wat vir ons skreeu dat ware vervulling in 'n seksueel bevredigende verhouding gevind word. Hoekom moet ons onsself dan bekommer om heilig te wees wanneer dit by ons persoonlike en aanlyn-verhoudings kom? Waarom moet ons omgee oor seksuele integriteit? Omdat ons as volgelinge van Jesus geroep is om as heilige mense te lewe om ons heilige God te verteenwoordig. 



In hierdie leesplan gaan ons kyk na 'n paar werklike, praktiese gewoontes wat ons kan implementeer om ons te help om 'n heilige lewe te lei: 'n lewe wat gekenmerk word deur vertroue, vrymoedigheid en nabyheid met die God wat ons aan die wêreld voorstel. Laat ons dus begin deur ons perspektief te verander oor wat dit eintlik beteken om heilig te wees.



Een ding is baie duidelik: God is heilig. Trouens, daar is wesens in die hemel wie se enigste taak dit is om die heiligheid van God 24/7 te verklaar. Hy hou nooit op om heilig te wees nie, daarom hou hulle nooit op om sy heiligheid te verkondig nie. 



Wat bedoel hulle as hulle sê God is heilig? Hulle sê dat God in geheel anders is. Hy is anders, afgesonder. Daar is niemand soos Hy nie en niks wat met Hom vergelyk kan word nie. Regdeur die Skrif sien ons hierdie waarheid keer op keer tot mense deurdring. Kyk na koning Salomo se gebed:



"... Here, God van Israel, in die hemel of op die aarde is daar nie nog 'n God soos U nie. U hou U aan die verbond en U bly getrou teenoor u dienaars wat met volle oorgawe voor U lewe" (1 Konings 8:23).

Wanneer God op die toneel verskyn, is alles anders. En dit is hier waar dinge vreemd raak. Omdat hierdie heilige God op die toneel by ons as Christus-volgelinge verskyn het, is ons ook anders. Ons is afgesonder. Geheilig en geroepe om so te lewe dat ons ons heilige God in die wêreld verteenwoordig.  



"Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig" (1 Petrus 2:9).

Wie is jy? Uitverkore, 'n seun of dogter van die Koning, spesiaal, geroepe — jy behoort aan Hom. Wanneer jy besef dat dit jou identiteit is; dat wat God van jou sê jou ware identiteit is, dan begin jy heiligheid en reinheid in 'n nuwe lig sien. Nie soos enige reëls en regulasies ons laat strewe om daarvolgens te leef nie. Nie as iets onmoontlik of onbereikbaar nie. Heiligheid is nie een of ander towerbestemming waar ons probeer uitkom nie; dit is die identiteit waaruit ons leef.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Habits of Holiness

As volgelinge van Jesus word ons geroep om as heilige mense te lewe om sodoende ons heilige God te verteenwoordig. Heiligheid is nie 'n towerbestemming waar ons moet uitkom nie, maar die identiteit waaruit ons kan lewe. ...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid