Leesplan inligting

WagVoorbeeld

Wait

DAG 1 VAN 10

Het jy al ooit jou humeur met 'n lid van jou gesin verloor? Was jy al agter die stuur van jou motor en het woedend geword vir 'n ander padgebruiker? Gefrustreerd geraak terwyl jy vir 'n pakkie of brief wag om afgelewer te word? 



Dit het ons almal al oorgekom. 



Hoekom voel ons so? Waar kom hierdie ongeduld vandaan?



Ek dink dit kom baie keer vanuit ons begeerte om in beheer te wees. 



In plaas daarvan om God se plan en tydsberekening te vertrou, het Eva dinge in haar eie hande geneem en van die vrug geëet. Sy wou in beheer wees.



Ons doen dikwels dieselfde. Ons probeer beheer van omstandighede te neem en wanneer dinge nie verloop op die manier wat ons beplan of wil hê nie, raak ons gefrustreerd en ongeduldig.



Jy sien, ons raak ongeduldig wanneer ons ons eie belangrikheid te hoog ag. Dit gebeur wanneer mense nie aan ons verwagtinge voldoen nie of by ons tydsraamwerk inpas nie.



Wanneer jy dus volgende keer ongeduldig raak, kan jy hierdie frase vir jouself opsê: Ek is nie God nie en ek is nie in beheer nie. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wait

Ons lewe in 'n era van spoed en gerief. Dit wil voorkom asof ons, as mense, al hoe ongeduldiger word. Waar kom die ongeduld vandaan? Hoe beveg ons dit? Kom saam op hierdie 10-dae reis waar ons dit uitpluis.

Baie dankie aan LCBC Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lcbcchurch.com/students

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid