Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 9 VAN 23

Ware Vryheid


Baie mense verlang na vryheid: vryheid van spraak, vryheid van geloof, vryheid van vrees, vryheid van gebrek. Ons wil ons eie besluite neem, in plaas daarvan om deur ander of ons omstandighede voorgeskryf te word.



Die Bybel leer ons dat alle mense as slawe gebore word: "Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het" (Psalm 51:7). En: "Jesus sê toe vir hulle: 'Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde'" (Johannes 8:34). Dit is nie vir ons moontlik om sonde te weerstaan en regverdig te lewe nie. Dit sal onherroeplik tot ons dood lei — behalwe as Jesus ons vrymaak. Hy kan die kettings van die sonde en die dood breek.



Hoe kan ons "as vry mense" lewe? Die apostel Paulus sê: "... so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe" (Romeine 6:19). Dus, in plaas daarvan om slawe van sonde te wees, is ons nou "slawe van God" — uit vrye wil. Ons is nou vry om God te dien "met hart en siel, met al jou krag" (Deuteronomium 6:5).



Verheug jy jou daarin om 'n dienskneg van God te wees?


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid