Leesplan inligting

Leef 'n Lewe Wat God EerVoorbeeld

Living a Life That Honors God

DAG 12 VAN 23

Ingrypende Woorde


Vir mense wat nie die Christendom ken nie, mag vandag se Skrifgedeelte baie skokkend klink. En dit is. Hierdie woorde "om vir sonde te sterf" is ingrypend.



Die frase "Hy het ons sonde in sy liggaam aan die boom gedra" mag met die eerste oogopslag minder ingrypend lyk, maar die werklikheid agter hierdie woorde is grusaam. Jesus is brutaal vermoor. Die "boom" was 'n houtkruis, wat gebruik is om Hom te martel en dood te maak. Daar is niks figuurlik aan sy dood nie. Dit was uiters afgryslik en uiters werklik.



Dit was alles nodig om ons gebroke, sondige harte heel te maak en aan ons die lewe te gee. Dit wys hoe ernstig sonde is. Dit wys hoe ernstig ons sonde moet beskou. Gegewe dat dit Jesus sy lewe gekos het om ons te genees, hoe kan ons sonde ligtelik opneem? Om 'n Christen te word, beteken nie om 'n paar klein aanpassings in ons lewenswyse te maak nie, maar dit beteken ons moet 'n ingrypende verandering maak. Dit is om vir sonde te sterf. Dit is om saam met Jesus in die doop begrawe te word (Kolossense 2:12, Romeine 6:4). Dit gaan oor weergeboorte en om 'n nuwe mens te word. Ons ontvang die ewige lewe, maar dit beteken ook dat die ou self dood is.



Is jy bewus van die erns van sonde, of is jy so gewoond aan jou onvolmaaktheid dat dit jou nie meer pla nie?


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Living a Life That Honors God

In die apostel Petrus se eerste brief aan die Christene, bespreek hy die regte houding teenoor ander mense, die posisie van 'n man en vrou binne 'n huwelik, en hoe om lyding te hanteer. Hierdie leesplan dek hoofstukke 2 ...

More

Ons bedank graag GlobalRize wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: http://www.globalrize.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid